23 April 21:46
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Nuus
Lakenvlei gou bewaarde area
Een van verskeie mylpale, sê groep
Twee bedreigde lelkraanvoëls in Lakenvlei. Foto: warwick tarboton

’n Kennisgewing van voorneme om die “verruklike grasvelde” van Lakenvlei in Mpumalanga tot bewaarde gebied te laat proklameer is pas in die Provinsiale Koerant gepubliseer.

“Dit is uitstekende nuus,” het Ursula Francke van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) gister gesê.

Francke, wat die afgelope twee jaar die stryd gelei het om dié gebied van net groter as 14 000 ha bewaar te kry, het gister gesê dié gebied is onvervangbaar.

Sy het die grasvelde as “verruklik” beskryf. Lakenvlei is die habitat van die blou-, mahem- en lelkraanvoëls, en van die erg bedreigde witvlerkvleikuiken.

Lakenvlei is op die waterskeiding van die Olifants- en Komatirivier tussen Belfast en Dullstroom geleë.

Volgens Francke is dié voorgenome proklamasie een van die mylpale wat omgewings- en bewaringsorganisasies die laaste paar maande bereik het.

73 000 ha graslande en opvangsgebiede van riviere in Mpumalanga word nou amptelik bewaar.

Chrissiesmeer (60 203 ha) met sy 290 panne is in Januarie vanjaar as bewaringsgebied geproklameer. Naby Wakkerstroom is die Kwamandlangampisi-bewaringsgebied onlangs met 3 094 ha vergroot en die Mabola-bewaringsgebied met 8 772 ha.

Die Tafelkop-natuurreservaat van 1 208 ha is ook onlangs ge­proklameer, nes die eerste gebied wat deur ’n gemeenskap besit word, die Mndawe-trust-bewaringsgebied van 826 ha naby Lydenburg.

EWT werk sedert 1994 in Mpumalanga aan projekte vir die bewaring van die land se kraanvoëls.

EWT het onlangs saam met die Mpumalanga-Toerisme-en-Parkeagentskap (MTPA) en Birdlife South Africa begin om met grondeienaars te vergader oor die amptelike bewaring van Lakenvlei.

Minstens 25 grondeienaars het ingestem dat die gebied amptelik bewaar word, het Francke gesê.

Enigiemand wat gekant is teen die voorgenome proklamasie het 60 dae kans om by Mpumalanga se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme daarteen beswaar te maak.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.