28 Julie 00:40
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Nuus
Man geopereer ná byt van ’n sakspinnekop
Danie Coetzee was sowat vyf uur ná die operasie huiwerig om sy verband af te haal. Foto: michelle pienaar
’n Sakspinnekop van naby gesien.Foto: wikipedia

GEORGE. – ’n Man van hier wat sowat ’n week gelede deur vermoedelik ’n sakspinnekop gebyt is, sal nooit weer dié agtpotiges onderskat nie.

Danie Coetzee, ’n bestuurder van die Blue Whale-vakansieoord buite George, moes ’n operasie aan sy pinkie ondergaan nadat hy deur die spinnekop gebyt is.

Die weefsel van sy pinkie het letterlik ná vier dae begin verrot, het Coetzee gesê.

Die bytplek het aanvanklik net soos ’n muskietbyt gelyk, maar het vinnig geswel en baie seer geword.

“Die pyn is verskriklik. Dit brand soos vuur. Níks help daarvoor nie, behalwe ’n stywe sopie whisky,” het Coetzee gesê.

Hoewel hy nooit gesien het dat ’n spinnekop hom byt nie, het dr. Honey Ferreira die bytplek onmiddellik geïdentifiseer as dié van ’n sakspinnekop.

Hierdie soort spinnekoppe se gif is sitotoksies en breek selle en weefsel af. Hul gif kan vergelyk word met dié van ’n pofadder, het Sarel Theron, ’n afgetrede entomoloog van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, gesê.

Volgens Coetzee is ’n groot verskeidenheid foto’s van spinnekopbytplekke onlangs op die internet geplaas deur Suid-Afrikaners wat deur spinnekoppe gebyt is.

Elizia van Tonder, ook ’n inwoner van George, is sowat vyf jaar gelede by haar huis in Rooirivierrif deur ’n sakspinnekop gebyt.

Sy het ’n bytplek aan haar kuit gehad wat later ’n gat gevorm het. Die weefsel het nooit volkome teruggegroei nie.

Volgens die webblad parent24.com kom sakspinnekoppe algemeen in Suid-Afrika voor en is hulle verantwoordelik vir die meeste spinnekopbyte.

Die sakspinnekop is sku in die dag en jag in die aand. Hulle het ’n aggressiewe geaardheid en sal nie skroom om iemand te byt nie.

Coetzee is vas oortuig dat hy in die aand, terwyl hy geslaap het, gebyt is.

Die bytplek lyk aanvanklik soos ’n muskietbyt, maar swel binne ’n paar dae en is geweldig pynlik.

Geen teenmiddel is beskikbaar nie, maar antibiotika help om die infeksie te beheer en verdere weefselskade te voorkom.

’n Wond kan tot vier weke neem om gesond te word, maar in ernstige gevalle kan dit jare neem om heeltemal te genees.

Plastiese chirurgie word soms benodig om beskadigde weefsel te verwyder.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.