23 Augustus 13:57
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Misdaad
3 vas wat glo ietermagog wou verkoop
Dié ietermagog is Maandag in ’n voertuig by ‘n winkelsentrum in Tzaneen gekry. Foto: SAPD

Drie mans wat glo ’n ietermagog by die Lifestyle-winkelsentrum in Tzaneen wou verkoop, is agter tralies.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die ietermagog is Maandag lewend in ’n motor in die parkeergebied by die winkelsentrum gekry.

Die polisie se honde-eenheid is na die sentrum ontbied en het op die hoogs bedreigde dier afgekom. Die ietermagog is nou in veilige bewaring by die departement van omgewingsake in Limpopo.

Ngoepe sê die diefstal en smokkelary van ietermagogs neem toe in Limpopo.

Simba Simango (32), Jacob Thosago (27) en Chipo Maphosa (19) het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Tzaneen verskyn. Hulle is in aanhouding en sal Vrydag om borgtog aansoek doen.

In Desember verlede jaar is Moses Munyai (24) en Mbavhalelo Masunda (21) buite Louis Trichardt in hegtenis geneem nadat hulle twee ietermagogs by hulle gehad het.

Die diere was in streepsakke in ’n bakkie. Die polisie het ook op ’n jaggeweer en ammunisie beslag gelê. Die twee ietermagogs is ook in bewaring by die departement van omgewingsake in Limpopo.

Munyai en Masunda is steeds in aanhouding. Hulle sal later vanjaar weer in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn.

Victor Ratombo van Thohoyandou wat in Oktober 2014 in Louis Trichardt met ’n ietermagog betrap is, is onlangs swaar gestraf. Foto: Zoutpansberger

Ngoepe sê Victor Mulalo Ratombo (37) van Thohoyandou wat in Oktober 2014 in Louis Trichardt met ’n ietermagog betrap is, is onlangs swaar gestraf.

Hy wou die ietermagog by die taxistaanplek in Louis Trichardt verkwansel.

Ratombo het onlangs in die landdroshof in Waterval skuld beken op ’n aanklag van die onwettige besit van ’n bedreigde spesie.

Hy is tot drie jaar gevangenisstraf of ’n boete van R40 000 gevonnis.

Ngoepe sê Ratombo dien tronkstraf uit.

Volgens hom was daar onlangs ook voorvalle in Bela-Bela (Warmbad) en Ohrigstad waar mense glo met ietermagogs wou handel dryf.

Ietermagogs is wêreldwyd tot op die rand van uitwissing gestroop en het die heel hoogste bewaringstatus. Tydens verlede jaar se konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) se COP17-beraad wat in Johannesburg gehou is, is die ietermagog op Bylae 1 van die lys van bedreigde spesies geplaas. Dit beteken daar mag geensins met dié diere handel gedryf word nie.

Ietermagogs se skubbe is uiters gesog in Oosterse en Suid-Asiatiese lande. Die soogdiere se liggaamsdele word ook in tradisionele medisyne gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.