28 Junie 19:35
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Misdaad
Bennett-moordverhoor: Beskuldigde ‘sprakeloos toe verlede hom inhaal’
Martin Ngema in die hof. Foto: Simone Kley (argief)

Martin Ngema (41), ’n topmotorverkoopsman, was sprakeloos toe sy beweerde gewelddadige verlede hom ná byna twee dekades onverwags by sy werkplek in Vryheid, KwaZulu-Natal, inhaal.

Speursers. Mpho Malatji van die Sandtonse opsporingstaakspan het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg getuig oor die dag van 19 Desember 2013 toe hy en sy kollega speursers. Themba Khoza vir Ngema in hegtenis geneem het. Dit was 18 jaar nadat hy glo die sakeman Lee Bennett (46) langs sy dogter, Samantha, toe tien jaar oud, in ’n mislukte kaping voor hul huis in Parkmore, Sandton, doodgeskiet het.

Ngema het op 21 November 1995, kort voor die verhoor vir hom en sy twee medepligtiges, uit die tronk ontsnap. Hy het na bewering sy eie dood vervals en die nuwe identiteit van “Alfred Ngema” aangeneem, kompleet met ’n nuwe identiteitsnommer van die departement van binnelandse sake. Hy is egter einde 2013 opgespoor toe hy in Vryheid van roekelose en nalatige bestuur aangekla is. Sy vingerafdrukke op die polisiestelsel het getoon hy is ’n gesoekte misdadiger. Vryheid se eenheid van misdaadintelligensie het die saak aan hul Sandtonse kollegas oorhandig. Dié se ondersoek het gewys Martin Ngema en Alfred Ngema is een en dieselfde mens.

Lees ook:

■ ​Piet Byleveld en Kie. was ‘in beheer’

■ ​Dogter getuig 20 jaar ná moord: ‘Ek sien sy gesig die hele tyd’

■ ​‘Moordenaar’ staan uit dood op

Adv. Nerissa Muller, vir die staat, het Woensdag Malatji in die hof ondervra oor wat by die motorhandelaar in Vryheid gebeur het toe hulle in die middel van die dag daar opdaag om Ngema in hegtenis te neem.

Muller: “Vir wie het julle gesoek?”

Malatji “Vir Martin Ngema”

Muller: “Wie het julle gekry?

Malatji: “Alfred Ngema.”

Muller: “Wat het gebeur toe julle vir hom vra of hy Martin Ngema is?”

Malatji: “Hy was sprakeloos. Vir ’n tyd lank. Toe sê hy ja, hy is.”

Malatji het getuig hulle het hom ingelig hoekom hulle daar is en vir hom sy regte voorgelees.

Malatji: “Hy het gevra dat ons hom nie voor sy kollegas en die kliënte boei nie. Hy het saam met ons uitgeloop.”

Malatji het getuig Ngema se bestuurder het hulle na buite agtervolg. Hy wou weet wat aangaan. Hulle het hom ook ingelig.

Malatji: “Hy was baie geskok. Hy het gesê dit is Alfred Ngema dié, nie Martin nie. Ons het vir hom gesê die beste persoon om te vra is Ngema self. Ngema het aan sy bestuurder gesê dis oukei.”

Malatji het getuig hulle is na Ngema se huis, waar hy sy goed gepak het, maar hulle moes op pad Johannesburg toe in ’n stadium omdraai omdat Ngema sy medisyne vergeet het. Toe hulle reis weer op dreef kom, het hy begin praat.

Malatji: “Ons het eers net in die algemeen gepraat. Later het Khoza hom gevra wat gebeur het in 1995. Hy het vertel hy was jonk en betrokke in die verkeerde dinge. Dit was asof hy verlig was, verlig dat hy gevang is.”

Ngema het glo aan die twee polisiebeamptes erken hy het sy eie dood vervals en dat hy altyd gewonder het oor Bennett se naaste familie – dat hulle nooit sou klaarheid kry nie.

Malatji: “Hy het gesê dit (wat gebeur het) het by hom gespook.”

Die verhoor duur voort.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.