23 Augustus 14:01
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Misdaad
Kankersieke wil ‘nie die reg hê om te leef nie’
Advokaat vra hof vir dodelike middel
Adv. Robert Stransham-Ford Foto: jaco marais
Adv. H.B. Marais SC, namens Stransham-Ford, Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier
Regter Hans Fabricius het Stransham-Ford se aansoek dat die genadedood op hom uitgevoer kan word, aangehoor. Foto: Deaan Vivier
Adv. Robert Stransham-Ford Foto: jaco marais

Die Kaapse advokaat wat meen hy sal binne twee tot vier weke aan terminale kanker sterf, sal moontlik vandag hoor die genadedood kan in Suid-Afrika op hom uitgevoer word.

Robert James Stransham-Ford (65), wat oor die wêreld heen gewoon en gewerk het, het Woensdag in die dringende hof in Pretoria aansoek gedoen dat hy ’n dokter mag versoek om hom “een of ander” dodelike middel toe te dien of dit aan om te verskaf sodat hy self sy lewe kan beëindig.

Stransham-Ford, wat aan sy bed gekluister is weens verspreide kanker, was nie Woensdag saam met sy regsverteenwoordigers by die hof nie.

Lees ook: Genadedood-saak: Advokaat sterf 'in vrede'

Die aansoek is ingedien teen die ministers van justisie en korrektiewe dienste en gesondheid; die Raad vir Gesondheids­beroepe van Suid-Afrika (RGSA); en die nasionale direkteur van openbare vervolging.

Stransham-Ford vra die hof om te verklaar dat die dokter wat hom die genadedood gee, vry is van siviele en strafregtelike en dissiplinêre aanspreeklikheid.

Stransham-Ford voer aan dat wanneer die Handves van Menseregte “op ’n natuurlike of regspersoon toegepas word, moet ’n hof die gemene reg toepas of ontwikkel tot die mate wat wetgewing nie effek gee aan ’n reg in die handves nie”. 0Daar is geen wetgewing wat effek gee aan sy versoek vir ’n gesteunde sterfte (assisted dying) om te verseker dat sy reg op waardigheid beskerm word nie. Dus vereis die gemene reg ontwikkeling in dié verband, lui sy hofstukke.

Lees ook: Hanlie Retief gesels met Robin Stransham-Ford

Die organisasies Cause for Justice en Doctors for Life, wat die aansoek teengestaan het, is as vriende van die hof toegelaat.

Regter Hans Fabricius het die partye Woensdagmiddag gevra om insette te lewer vir ’n konsepbevel oor die saak.

Die advokate het toe gesê hoe die bevel behoort te lyk.

Adv. Harry van Bergen, vir die RGSA, het gesê die bevel moet duidelik sê dit geld net vir Stransham-Ford en vir geen ander mens nie.

Hy het gesê dit moet duidelik lui die dokter sal geensins aanspreeklik gehou word ná die daad nie.

Adv. Lesego Moletsane SC, namens die ministers en die vervolgingsgesag, het egter gesê die regering se opdragte moet verkry word oor die konsepbevel.

Fabricius het geantwoord daar behoort hiervoor gewag te word, want dit kan wees dat ’n minister aan die hof sê konsepwetgewing (oor genadedood) sou in elk geval aan die parlement voorgelê word.

Om dié rede hervat die verkenning van die konsepbevel vanoggend.

Fabricius het vroeër gesê hy verstaan nie die filosofie wat sê dat gesteunde selfdood onregmatig is nie.

Hy wou weet wat filosofies gesproke die verskil is tussen die afskakel van lewensondersteunende masjiene waaraan ’n pasiënt gekoppel is, en om ’n pasiënt ’n inspuiting of ’n pil te gee (om die dood te laat intree).

Hy het gesê dokters maak ’n groot gewag van die woord “etiek”.

“Hulle sê selfs vir my in ’n eedsverklaring die hof weet nie wat etiek is nie en (die hof) het nie die ervaring in wat etiek is nie.”

Fabricius het gesê etiek is nie ’n onderwerp wat uit Christenskap ontwikkel het nie en dat die (Griekse wysgeer) Aristoteles en Chinese skrywers lank terug daaroor geskryf het.

Hy het voorts gesê dokters gee morfien om pyn te verlig, welwetend dat dit die dood kan verhaas.

Adv. H.B. Marais SC, namens Stransham-Ford, het gesê sy kliënt wil nie die reg hê om te leef nie.

Die sorg wat hy ontvang, kos geld. Dokters sê hulle is jammer, maar pasiënte moet aan die lewe gehou word en die pasiënte moet hulle betaal.

Fabricius het gesê die konstitusionele hof vereis van die hof om ’n gemene reg te ontwikkel uit die meriete van elke individuele hofsaak. Watter bevel hy ook verleen, sal nie voorsiening maak vir elke geval in die toekoms nie.

Dit sal ’n bevel wees volgens die feite van net dié saak.

Geen waardigheid om pyn te hê

Prostaatkanker is in Februarie 2013 by Robert James Stransham-Ford gediagnoseer.

Sedertdien was daar aggressiewe metastase (verspreiding) van die kanker.

Hy sê in hofstukke sy limfkliere is op 18 Maart verwyder. Toe is veelvuldige metastase van die kanker ontdek. Dit het die lae-ruggraat, limfkliere en niere aangetas. Die oorsaak van sy dood sal die ingee van sy niere wees.

Hy sê van Januarie af het hy erge pyn, kan nie uit die bed kom of eet nie, en ervaar hy angs. Hy sal later meer pyn hê en moet dan in die hospitaal opgeneem word. Hy word elke dag swakker.

Volgens Stransham-Ford sal hy nie waardig sterf nie. Daar is geen waardigheid om ernstige pyn in die hele lyf te hê en om met medisyne verdoof te word wat ’n mens onbewus van jou omgewing maak nie, sê hy.

Dit is ook nie waardig om nie self na jou higiëne te kan omsien nie.

– Jeanne-Marié Versluis


Diere ly nie só

As ’n spesie het mense die ordentlikheid om nie toe te laat dat diere ly nie.

Tog, soos die reg tans staan in Suid-Afrika, bied mense nie dieselfde ooglopende vergunning (courtesy) aan medemense nie, sê die terminaal siek adv. Robert James Stransham-Ford in ’n eedsverklaring voor die hooggeregshof in Pretoria.

Tydens die aanhoor van Stransham-Ford se hofaansoek Woensdag het sy advokaat, H.B. Marais SC, en regter Hans Fabricius ’n kort bespreking gehad oor genadedood vir diere.

Fabricius het gesê selfs “hoë-klas-” renperde wat miljoene rande kos, word uitgesit as hulle ’n been breek. 

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.