23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Misdaad
Toetssaak vir genadedood ‘sal nie riglyne vir volgende sake wees’
Patsy Schonegeval se seun Craig het weens selfdood gesterf in die ouderdom van 28 nadat hy aan Neurofibromatose gely het. Patsy is deel van 'n groep betogers van voor die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Hy verstaan nie die filosofie wat sê dat geassisteerde selfdood onregmatig is nie.

Só het regter Hans Fabricius Woensdagoggend gesê in die hooggeregshof in Pretoria, waar ’n toetssaak oor die genadedood deur hom aangehoor word.

Robin Stransham-Ford (65), ’n advokaat van Kaapstad wat terminale kanker het, bring dié dringende aansoek teen die ministers van justisie en korrektiewe dienste en van gesondheid. Nóg respondente in die saak is die Gesondheidsberoeperaad en die vervolgingsgesag.

Stransham-Ford vra die hof vir ’n bevel dat ’n dokter sy lewe beëindig of hom in staat stel om self sy lewe te neem met “een of ander dodelike middel”. Dit word beskou as ’n toetssaak voor die hof, omdat genadedood deur wetgewing verbied word.

Fabricius het Woensdagoggend reeds bevind die saak is dringend. Hy het ook die organisasies Doctors for Life en Cause for Justice, wat albei Stransham-Ford se aansoek teenstaan, toegelaat as vriende van die hof. Dié organisasies se advokate lewer ook argumente in die saak.

Stransham-Ford, wat self nie by die hof is nie, sê in hofstukke hy het ’n reg om nie wreed en onmenslik behandel te word nie.

Hy vra ook vir ’n bevel dat die genadedood-dokter nié aanspreeklik gehou sal word ingevolge die straf- of siviele reg nie en dat daar nie tugstappe teen die dokter sal wees nie.

Volgens Stransham-Ford was daar was aggressiewe metastase van sy prostaatkanker ná die diagnose in Februarie 2013. Sy limfkliere is op 18 Maart in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad verwyder. Toe is veelvuldige metastase van die kanker ontdek. Dit het die lae ruggraat, limfkliere en niere aangetas.

Stransham-Ford sê hy het “maar ’n paar maande, weke of selfs dae” oor. Die oorsaak van sy dood sal die ingee van sy niere wees.

Hy sê van Januarie vanjaar het hy intense pyn, kan nie uit bed kom nie, kan nie eet nie, het angs, moet morfien kry. Hy sal later meer pyn hê en moet dan in hospitaal opgeneem word. Hy word by die dag swakker.

Toe adv. H.B. Marais SC, namens Stransham-Ford, Woensdag sy argumente voor Fabricius gelewer het, wou Fabricius weet wat, filosofies gesproke, die verskil is tussen die afskakel van lewensondersteunende masjiene waaraan ’n pasiënt gekoppel is, en om ’n pasiënt ’n inspuiting of ’n pil te gee (om die dood te laat intree).  

Fabricius het gesê dokters maak ’n groot gewag oor die woord etiek. “Hulle (die dokters wat hofstukke teen die saak ingedien het) sê selfs vir my in ’n eedsverklaring die hof weet nie wat etiek is nie en (die hof) het nie die ervaring in wat etiek is nie.”

Fabricius het gesê etiek is nie ’n onderwerp wat uit Christenskap ontwikkel het nie en dat die filosoof Aristoteles en Chinese skrywers lank terug daaroor geskryf het.

Hy het gesê dokters gee morfien om pyn te verlig, welwetend dat dit die dood kan verhaas.

Marais het in sy argument gesê Stransham-Ford wil nie die reg hê om te leef nie. Die respondente sê hulle “voel” vir Stransham-Ford, maar hy moet bly ly.

Hy het gesê Stransham-Ford stel nie voor dat mense verplig word om die genadedoodroete te volg nie. As kankerlyers die hele pad wil gaan met kanker, is hulle welkom.

Die behandeling vir Stransham-Ford kos geld. En dokters sê hulle is jammer, maar pasiënte moet aan die lewe gehou word en die pasiënte moet hulle aanhou betaal.

Fabricius het gesê die Konstitusionele hof vereis van die hof om ’n gemene reg inkrementeel te ontwikkel uit die meriete van elke invididuele hofsaak. Hy wou by Marais weet waarom hy nie na die meriete van elke aansoek (oor genadedood) kan kyk en só ’n gemene reg ontwikkel nie.

Marais het geantwoord dat sulke aansoeke individueel bereg word sodat dié reg ontwikkel kan word.

Marais het voorts beaam daar is nie ’n verskil tussen die gee van ’n pil, ’n inspuiting of die afskakel van masjiene nie.

Adv. Lesego Moletsane SC, namens die ministers en die vervolgingsgesag, het gesê as Fabricius die bevele aan Stransham-Ford verleen, sal dit die sluise oopmaak vir soortgelyke aansoeke.

Fabricius het geantwoord dat watter bevel hy ook al verleen, sal dit nie voorsiening maak vir elke geval in die toekoms nie.

Toe adv. Harry van Bergen, namens die Gesondheidsberoeperaad, aan die beurt gekom het, wou Fabricius weer weet wat die verskil is tussen die afsit van masjiene, die toediening van morfien en genadedood.

Van Bergen het geantwoord dit lê in die bedoeling. ’n Masjien help die pasiënt kunsmatig om aan die lewe te bly en te genees. As dit afgesit word, neem die natuur sy gang.

As Fabricius die bevel verleen, sal Stransham-Ford nie doodgaan weens kanker nie, maar omdat ’n pil of inspuiting aan hom gegee word.

Van Bergen het gesê die afsit van ’n masjien is nie om iemand dood te maak nie, waarop Fabricius geantwoord het dit is nie korrek nie en dit sal natuurlik die pasiënt doodmaak.

Van Bergen het gesê morfien word nie ingespuit om die hart te laat stop nie. Dis om pyn te verlig en die doel daarvan is nie om dood te maak nie.

Hy het bygevoeg Stransham-Ford sal gemaklik gehou word en sal nie ly nie. Fabricius het hierop geantwoord:  “Ons weet dit nie.”

Adv. Adrian d’Oliveira het namens Doctors for Life gesê Stransham-Ford wil ’n derde party (dokter) betrek om te sterf, maar hy toon nie hofstukke dat hy nié in staat is om self sy lewe te neem nie.   

D’Oliveira het gesê selfmoord is nie ’n misdaad nie. Dis ’n “uitweg”. Per definisie is dit nie nodig om die bevele aan hom te verleen nie.

Fabricius het gesê indien hy ’n bevel verleen aan Stransham-Ford, sal hy nie riglyne gee vir ander sake nie. Dit sal ’n bevel wees volgens die feite van net dié saak.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.