28 Junie 19:35
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Misdaad
Vandale vernietig biblioteek in Delft
’n Vraghouer-biblioteek in Blikkiesdorp (Delft) is heeltemal deur vandale gestroop. Dit is net een van die voorbeelde van die vandalisering en diefstal van munisipale eiendom.Foto: Kaapse stadsraad

KAAPSTAD. – Vandale het die biblioteek in Blikkiesdorp heeltemal verwoes in ’n nuwe vlaag van gewelddadige stropery van munisipale eiendom.

Die hele biblioteek is Maandag gestroop en al wat oorgebly het, is ’n paar boeke wat in die stof lê.

Priya Reddy, woordvoerder van die Kaapse stadsraad, het by navraag gesê vandale en diewe rig jaarliks miljoene rande skade aan munisipale eiendom aan.

Misdadigers gebruik selfs hoekslypers om lamppale af te sny en dan die pale en die bedrading binne te buit.

Diewe het onlangs ’n tonnel onder die veiligheidsheining van die Brackenfell-depot deurgegrawe en 60 m koperkabels gesteel.

Die Manenberg-kliniek is al in die duister en sonder rekenaars en telefone gelaat nadat die kabels buite die kliniekgebou gestroop is.

Die bedrading van sportvelde se beligting is selfs al gesteel, wat beteken het dat mense nie in die aand kon sokker speel nie.

Reddy het gesê sindikate misbruik mense wat desperaat vir werk is om koperkabels, watermeters, lere, krane en selfs lugversorgers te steel.

In sommige gevalle word infrastruktuur doelbewus deur betogers geplunder.

Die elektrisiteitsafdeling word selfs gedwing om in dele van die stad straatligte deur die dag aan te hou sodat dit die hele tyd dopgehou kan word en gesorg kan word dat mense nie die kabels steel nie, het Reddy gesê.

Die stadsraad vervang ook al hoe meer koperdrade met aluminium en kabels word al hoe dieper begrawe en met beton toegegooi.

En hoe meer geld die stadsraad moet bestee om eiendom te herstel, des te minder geld is daar wat eerder vir beter of nuwe dienste aangewend kon word, het Reddy bygevoeg.

Mense wat inligting het oor verdagte optrede wat dui op moontlike stropery, kan dit by  0800 222 771 aanmeld.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.