30 Mei 11:17
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Misdaad
Aanval by oud-DG se huis ‘kan intimidasie wees’

Zane Dangor, voormalige direkteur-generaal van maatskaplike ontwikkeling, vermoed vuilspel ná ’n aanval Maandag by sy huis waarin niks gebuit is nie.

“Ek dink nie dit was ’n lukrake voorval nie. Dit kan ’n poging van intimidasie wees,” het hy Maandag gesê.

Dangor het vroeër vandeesmaand uit die departement bedank nadat sy werkverhouding met Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, verbrokkel het.

Dangor het omstreeks 15:30 ’n oproep van sy dogter gekry wat sê twee motors, een wit en die ander bruin, het by hul huis in Florida Park, Johannesburg, opgedaag.

“My 26-jarige seun en my dogter was tuis. Hulle (die aanvallers) het die verskoning gebruik dat ek hulle gestuur het om iets reg te maak.”

Dangor sê die mans het sy huiswerker genader en haar aan die keel gegryp.

“Hulle het haar uit die pad gestoot. My seun het hulle probeer afweer. Hulle het probeer om ’n lap oor sy mond te sit. Hy het daarin geslaag om hulle af te weer en het homself in sy kamer saam met sy suster toegesluit. Hulle het my en (die veiligheidsmaatskappy) ADT gebel.”

Dangor sê niks is gesteel nie. “Hulle het genoeg tyd gehad om baie waardevolle items te vat, maar niks is weg nie.”

Volgens Dangor het sy seun ’n besering aan die hand opgedoen.

“Hy het sy hand beseer en moes X-strale kry. Ek is nie seker wat dit was nie, maar wie breek by ’n huis in met twee voertuie en steel niks nie?”

Dit voel net te bisar. Hulle het niks gevat nie. My seun se iPad en baie ander kosbare items was daar.

Hy sê sy kinders is onseker oor hoeveel mans by die aanval betrokke was.

Hy kon nie sê of die rooftog met die Sassa verband hou nie.

“Dit voel net te bisar. Hulle het niks gevat nie. My seun se iPad en baie ander kosbare items was daar.

“Op die oomblik is ek kwaad. Die veiligheid van my kinders was die eerste ding waaraan ek gedink het.”

Die polisie het nie ’n saak oopgemaak nie, want niks is gesteel nie.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het dit bevestig en sê hulle ondersoek nie enigiets nie.

Dangor is in November 2016 as direkteur-generaal aangestel. Hy was vanaf 2010 ’n spesiale raadgewer van die minister, volgens die departement se webwerf.

Dangor wou nie kommentaar lewer oor of hy meen hy is regverdig in die Sassa-kwessie behandel nie. – News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.