27 April 08:57
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Misdaad
Bande brand in Booysens ‘oor bou van sinkhuise’

Die polisie in Pretoria waak steeds oor ’n betoging in Booysens nadat mense daar Saterdagoggend buitebande begin brand en die paaie afgesper het.

Volgens Kay Makhubela, ’n polisiewoordvoerder, het die betoging reeds Donderdag begin. Een persoon is in die betoging beseer.

Makhubela sê die swart gemeenskap betoog teen wit inwoners wat volgens hulle glo besig is om die oprigting van sinkhuise in die gebied te keer.

“Hulle betoog in die buurt. Hulle sê die wittes wil nie toelaat dat sinkhuise daar opgerig word nie.”

Volgens Makhubela is talle paaie in die omgewing met brandende buitebande en klippe bestrooi.

Drive GP se Twitter-rekening waarsku dat inwoners moet wegbly van die Mabopane-hoofweg, die Daspoort-tonnel op die R55 en Van der Hoff-straat

Op Twitter is daar glo ook getwiet dat van die wit inwoners in die gebied die betogers teengestaan het. News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.