26 April 13:45
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Misdaad
Bejaarde herhaaldelik verkrag, besteel

’n Bekende bejaarde inwoner (70) van Griekwastad moes Maandag ’n operasie ondergaan nadat sy die afgelope naweek herhaaldelik in haar huis verkrag, aangerand en besteel is.

Die slagoffer moes ’n operasie ondergaan om haar wonde te heg.

Twee verdagtes sal na verwagting Woensdag in die hof op aanklag van verkragting en huisroof verskyn.

’n Familiewoordvoerder sê die familie is uiters geskok. Die slagoffer se broers en ander familielede het haar reeds in die hospitaal besoek.

Haar gesig is weens die beserings onherkenbaar vermink.
Familielid

“Haar gesig is weens die beserings onherkenbaar vermink.”

Volgens die familielid is die vrou ’n geliefde mens in die gemeenskap wat graag kos aan skoolkinders gegee het.

“Sy is ’n oujongnooi wat reeds 20 jaar alleen in die huis woon waar sy grootgeword het. Sy het daagliks kos aan skoolkinders gegee. Sy het ook nie omgegee as hulle van die vrugte van die bome in haar erf geëet het nie.

“Sy is na bewering Vrydag al aangeval. Toe die skoolkinders daar kom, het sy hulle belet om die polisie te bel. Dit is onduidelik of sy toe al verkrag is. Sy is toe al besteel.

“Die kinders het Saterdag weer na haar gegaan, en haar vasgebind gevind en losgemaak. Hulle het ingevolge haar opdrag nie die polisie verwittig nie.

“Sondag omstreeks 17:30 het ’n polisiebakkie verby haar huis gery en twee verdagtes uit haar huis sien loop. Die mans het swart sakke vol goedere by hulle gehad. Hulle is in hegtenis geneem.

“Die polisie het ons familielid op die bed vasgebind gevind. Sy het kalm voorgekom en het hulle vertel wat gebeur het. Sy is na die hospitaal in Kimberley gebring. Die dokters het haar Maandagoggend geopereer.

“Ons verneem van haar gordyne en breekware is al Saterdag in die dorp verkoop. Toe die polisie op die verdagtes afkom, het hulle onder meer ’n skootrekenaarsak, TV-stel, strykyster en ketel by hulle gehad.”

Volgens die familielid het die polisie se forensiese span Sondagaand en Maandag op die toneel gewerk.

Bekommerde en geskokte gemeenskapslede sê hulle sal Woensdag hof toe gaan wanneer die verdagtes in die hof verskyn.

Lt.kol. Mashay Gamaldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie het twee mans (17 en 23) in hegtenis geneem.

“Ons ondersoek ’n saak van huisroof en verkragting teen die verdagtes. Die slagoffer is na bewering tussen Vrydag en Sondag seksueel aangerand. Sy is glo met ’n nylontou vasgebind en deur twee mans verkrag. Hulle het ook van haar huisraad gesteel.

“Hulle sal binnekort in die hof verskyn,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.