21 Februarie 16:11
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Misdaad
Bejaarde vrou ontvoer, erg aangerand

’n Bejaarde vrou van Phuthaditjhaba in Qwaqwa in die Oos-Vrystaat word in ’n plaaslike hospitaal behandel nadat sy deur haar neef en sy vriend aangerand en ontvoer is.

’n Erg aangerande Mapatsi Mirriam Tsotetsi (78) is Woensdagaand omstreeks 22:30 bevry nadat die twee mans gevlug en haar in die bagasieruim van haar motor gelos het.

Die ontvoerders het die heeldag met die beseerde Tsotetsi in haar motor se bagasieruim rondgery voordat sy gevind is.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê Tsotetsi se neef en sy vriend het haar omstreeks 04:00 Woensdagoggend ontvoer nadat hulle haar en haar seun, Benjamin Ndebe, aangerand het. Ndebe is dieselfde dag uit die hospitaal ontslaan.

Die polisie het ’n soektog na Tsotetsi se wit Toyota Corolla begin en dit later in ’n ander deel van Qwaqwa gevind. Tsotetsi het wonde oor haar hele lyf gehad.

Volgens Mophiring het die ontvoerders die motor agtergelaat en gevlug nadat hulle in twee ongelukke betrokke was. Hulle het eers met ’n ander motor gebots waarna hulle weggejaag en in twee voetgangers vasgery het.

Mophiring sê niemand is ernstig in die ongelukke beseer nie. Die mans was glo dronk.

Die motief vir die aanranding en ontvoering is onbekend en die polisie soek steeds na die twee mans.

Klagte van poging tot moord, aanranding, ontvoering, sowel as roekelose en nalatige bestuur, word ondersoek.

Die polisie vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te kontak of die polisie se noodnommer by 08600 10111 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.