30 Mei 11:22
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Misdaad
'Ben raak te erg' – en toe sterf 3 in familiemoord
Leonara le Roux Dorfling is Saterdagaand glo deur haar vervreemde man in Polokwane doodgeskiet.

’n Man van Polokwane het sy vervreemde vrou en haar broer Saterdagaand koelbloedig in hul huis op ’n hoewe doodgeskiet nadat hy hulle vroeër glo met die dood gedreig het.

Leonara le Roux Dorfling (36) het Saterdag vir haar suster, Lana le Roux wat op Christiana in Noordwes bly, in ’n WhatsApp-boodskap gesê: “Ben raak te erg.” Sy het ook geskryf: “Dit voel of ek in die hospitaal gaan beland.”

Ure later het Benjamin Dorfling (42), haar vervreemde man van wie sy besig was om te skei, haar doodgeskiet.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Dorfling het ook Marthinus le Roux (39), Leonara se broer, in dieselfde huis doodgeskiet.

Volgens Ngoepe was daar glo ’n bakleiery tussen Leonara, Marthinus en Benjamin.

Dorfling het homself daarna doodgeskiet.

Benjamin Dorfling (42) het glo Saterdagaand sy vervreemde vrou en haar broer in Polokwane doodgeskiet voordat hy homself doodgeskiet het.
Benjamin Dorfling (42) het glo Saterdagaand sy vervreemde vrou en haar broer in Polokwane doodgeskiet voordat hy homself doodgeskiet het.

Die hoewe is naby die Pietersburg Doornkraal-feesterrein net buite die Ladanna-woonbuurt in Polokwane.

“Ons weet nie wat presies gebeur het nie, maar ons vermoed dit was huishoudelike geweld wat tot die skietery gelei het,” sê Ngoepe.

Leonara se dogter uit ’n vorige verhouding, Jessica Prinsloo (15), het glo op die treurspel afgekom.

Lana sê Jessica het Saterdag by vriende naby haar ma se huis gaan kuier. “Sy het die aand skote gehoor en na hul huis toe gehardloop. Toe sy daar aankom, het sy gesien hoe Ben homself in die kombuis doodskiet. Sy het daarna op haar ma en oom se lyke in hul slaapkamers afgekom.”

Ngoepe sê ’n vuurwapen is langs Benjamin se lyk gekry.

Leonara en Benjamin was sowat sewe jaar getroud, maar het mekaar bykans elf jaar geken.

“Hulle het verskriklik baklei en hy het haar geslaan ook,” het ’n hartseer Lana gesê.

Leonara le Roux Dorfling was besig om van haar vervreemde man te skei toe sy in ’n familietragedie doodgeskiet is.

Leonara het onlangs selfs ’n beskermingsbevel teen Benjamin gekry.

“Sy het verlede week oor die telefoon vir my gesê Ben bel haar en Marthinus en dreig om hulle dood te maak.”

Lana sê dit is ’n raaisel hoe Benjamin in die huis waar Leonara en Marthinus gebly het, ingekom het.

“Dit voel alles baie onwerklik. Ons familie kan nie glo so iets het gebeur nie. My hart is aan stukke.”

Sy sê hulle is bly dat Leonara se seun, Gustav Prinsloo (11), vir die naweek by ’n vriend gekuier het en nie die treurspel aanskou het nie. Hy is ’n leerling aan die Laerskool Piet Hugo.

Marthinus le Roux (39) is glo Saterdagaand in Polokwane deur sy swaer Benjamin Dorfling doodgeskiet.

In Januarie het Leonara by ’n inskrywing op Facebook wat lui “ ’n Huis en baie geld kan ’n mens nog by jou ouers erf, maar ’n goeie lewensmaat kom net van die Here af,” geskryf: “Dit is baie waar.”

Benjamin het hierop geantwoord “Sorry dit kon nie ek wees nie.”

Leonara laat haar twee kinders uit ’n vorige verhouding, Jessica en Gustav Prinsloo, agter.

Marthinus laat drie kinders uit verskillende verhoudings, Marcelle (13), Chanté (11) en Dean (1), agter.

Marthinus le Roux (39) is glo Saterdagaand in Polokwane deur sy swaer Benjamin Dorfling doodgeskiet.

Benjamin se seun uit ’n vorige huwelik, Thys (16), is nou wees. Sy ma het jare gelede selfdood gepleeg. Thys is ’n leerling aan die Genl. Piet Joubert-skool vir leerlinge met spesiale behoeftes in Polokwane.

Lana sê hul ouers, Tobie en Minnie le Roux, se harte is gebreek. “Hulle is vanoggend wakker gemaak met ’n oproep om te sê twee van hul kinders is dood,” sê sy.

Ngoepe sê lykskouings sal vandeesweek gehou word. Daar is nog nie begrafnisreëlings getref nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.