21 Augustus 08:39
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Misdaad
Besoekers op Jeffreys se strand beroof
Argieffoto van die Jeffreysbaai se strand.

’n Rustige wandeling op die hoofstrand van Jeffreysbaai het Donderdagaand vir twee besoekers binne ’n oogwink in ’n nagmerrie ontaard toe hulle met messe gedreig en beroof is.

“Ons het ná aandete besluit om net vinnig op die strand te gaan stap,” sê Adri de Vries, een van die slagoffers.

“Een van ons vriende van Kaapstad is vir die eerste keer op Jeffreysbaai en ek en my suster wou hom die dorp wys.”

De Vries is self met vakansie uit Suid-Korea om haar ma, wat op Jeffreysbaai woon, te besoek.

“Toe ons na die motor wou terugkeer, het my suster vooruit geloop en die trap van die strand uitgeklim. Bo het twee mans haar gegroet op hul pad af na die strand.

“Ons het aan die onderpunt vir hulle gewag voordat ons die trap kon klim. Toe hulle by ons kom, het hulle ons ook gegroet.

“Die volgende oomblik was daar messe teen ons kele.”

Een van die mans het vinnig haar vriend se selfoon en horlosie gegryp, sê sy.

“Die ander een het my ringe van my hande afgehaal, hoewel ek aan hom gesê het dit het net sentimentele waarde en sal hom nie veel in die sak bring nie.

“Hy het my beursie en selfoon gesoek, maar ek het gesê ek het niks by my nie – nie eens skoene nie – want ek het alles in die motor gelos.

Die volgende oomblik was daar messe teen ons kele
Adri de Vries, slagoffer

“Toe beduie hy na sy maat en dié begin ruk aan my klere om my vir besittings te deursoek.”

Hy het niks gekry nie en albei rowers het vinnig spore gemaak.

“Ek is terug na die motor waar my suster gewag het en toe sit my vriend en ’n motorwag van die Spur die twee (rowers) agterna terwyl ons na die polisiekantoor gegaan het.”

De Vries sê ’n beampte by die polisiekantoor het gesê hulle kan nie help nie aangesien hul enigste voertuig reeds op ’n ander saak uit was.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, ontken dié bewering.

“Daar was beslis nie net een voertuig beskikbaar nie en die Humansdorpse honde-eenheid werk dag en nag saam met die Jeffreysbaai-polisie,” sê Swart.

“Dié eenheid het ook onmiddellik beamptes gestuur om die saak op te volg, hoewel niemand tot dusver in hegtenis geneem is nie.”

Gelukkig is niemand beseer nie en boonop het De Vries se vriend sy selfoon teruggekry.

“Die rowers het dit langs die pad laat val,” sê De Vries.

“Ek dink nie hulle het verwag dat hul slagoffer hulle sommer agterna sou sit nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.