23 Junie 22:35
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Misdaad
Betogers ry oor duisende kuikens, verbrand hul lewend

Betogers het Vrydagoggend kuikens uit ’n vragmotor in Lichtenburg gegooi, oor hulle gery en die res van die 40 000 kuikens lewend aan die brand gesteek.

Sowat 300 mense van Blydeville, die tradisioneel bruin woonbuurt in Lichtenburg, het vroegoggend met die diensleweringsbetoging begin. Verskeie toegangsroetes na die dorp is sedert vroeg die oggend toegemaak nadat drie vragmotors aan die brand gesteek en agt ander voertuie met klippe bestook is.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê vyf mense is in hegtenis geneem.

Gewapende polisielede in koeëlvaste baadjies het teen 09:30 by een van die versperde paaie wag gestaan. Skote het elke nou en dan geklap terwyl een van die vragmotors met ’n vrag meelsakke in ligte laaie was. Die betogers was in die verte sigbaar.

Omstanders sê die betogers eis huise, ’n kliniek en ander dienste.

Talle mense wat op pad was na die Jongboerkonferensie wat Vrydag in Lichtenburg gehou is, moes omdraai omdat hulle nie die dorp kon bereik nie.

Hulle het ’n klomp kuikens uitgegooi en oor hulle gery. Daarna het hulle die vragmotor met die res van die lewende kuikens aan die brand gesteek
Ertjies Jacobs, NWK-landboumaatskappy

Ertjies Jacobs, strategiese bestuurder van die NWK-landboumaatskappy, sê die vragmotor met kuikens was van dié maatskappy se filiaal Opti Chicks op pad na ’n boer in die omgewing.

“Die betogers het die bestuurder uit die vragmotor gepluk. Hulle het ’n klomp kuikens uitgegooi en oor hulle gery. Daarna het hulle die vragmotor met die res van die lewende kuikens aan die brand gesteek.

“Die boer sal minstens drie weke moet wag voordat ons weer kuikens kan voorsien omdat dit op bestelling verskaf word. Die skade net aan die vragmotor beloop sowat R1 miljoen. Die verlies aan die kuikens is sowat R200 000. Die vernietiging van die vragmotor met kuikens het ’n groot impak op die boer en ons eie finansies.”

Op ’n video kan gesien word hoe die kuikens verward oor die pad by die brandende trok hardloop en rondstaan.

“Die mense is kwaad vir die regering, maar brand ons voertuie,” het ’n ontstelde Jacobs gesê.

“Die vernietiging van eiendom het ’n negatiewe uitwerking op die plaaslike ekonomiese bestendigheid en werkskepping. Landbou is die ruggraat van die ekonomie en werkskepping in die Lichtenburg-omgewing.”

Teen 11:00 was daar gerugte dat die betogers die dorp inbeweeg en na die munisipale kantore op pad is. Die polisie raai mense aan om alternatiewe roetes te gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.