30 April 18:38
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Misdaad
Boer, huiswerker op VS-plaas vermoor
Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

In nog ’n koelbloedige plaasaanval is ’n boer van die Wepener-distrik in die Vrystaat en sy huiswerker Donderdag albei doodgeskiet.

Die polisie het omstreeks 14:20 op die toneel op die plaas sowat 30 km buite die dorp aangekom nadat ’n buurman wat op die oorledenes afgekom het, hulle ontbied het. Dit is nog onbekend wanneer presies die voorval plaasgevind het.

Die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie, omdat al hul naasbestaandes nog nie van hul dood in kennis gestel is nie.

Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, sê die boer (49) het in sy sitkamer gelê en die huiswerker (55) se lyk is in een van die kamers gevind. Hulle is vermoedelik verskeie kere geskiet.

Volgens Ngcukana was die boer waarskynlik nie tuis toe die aanvallers toegeslaan het nie en is hy na die huis ontbied.

“In dié stadium weet ons nie wie hom ontbied het nie. Die boer se bene was vasgebind en sy werker het ’n stuk lap in haar mond en oor haar oë gehad. Haar voete was ook vasgebind,” sê Ngcukana.

Patroondoppies van ’n pistool is op die toneel gevind.

Volgens Ngcukana is die kamers van die plaashuis omgedolwe en het klere en ander items op die vloer gelê. Die beddens was ook omgekeer en dit wil voorkom asof die aanvallers na iets spesifiek gesoek het.

Van die kluise in die huis was ook oopgebreek, maar die polisie weet nog nie wat daaruit vermis word nie.

Dit is onseker wat geroof is en hoeveel aanvallers betrokke is. Die polisie was teen laat Donderdagaand nog op die toneel.

Die vrou het op ’n nabygeleë plaas gebly.

Twee sake van moord word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.