26 Junie 21:10
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Misdaad
DBV in Waltloo ly groot skade ná rooftog

Die Tshwane-Dierebeskermingsvereniging (DBV) se Waltloo-tak in die ooste van Pretoria is Vrydagoggend vroeg beroof.

Jacqui Grové, voorsitter van die Tshwane-DBV, sê vyf gewapende mans het tussen 04:00 en 05:00 die veiligheidswag oorrompel en toe die tak se ontvangs- en algemene kantoorarea van elektroniese toerusting gestroop.

Sy sê vier rekenaars en ’n selfoon is gesteel terwyl die veiligheidshekke en voordeur oopgebreek is.

“Niemand is beseer nie en al ons diere is veilig.”

Die tak is vandag gesluit weens die uitgebreide skade aan die ontvangsarea.

Grové sê die tak sal egter steeds verlore en rondloperdiere inneem terwyl hulle probeer om hul werksaamhede weer aan die gang te kry.

Sy het die publiek om verskoning gevra vir die ongerief.

“Ek verseker julle ons werk hard om die kwessie op te los.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.