28 Februarie 16:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Misdaad
Dirk Prinsloo: Lang proses vir parool begin Sondag
Dirk Prinsloo moes sy verhoor in Belo-Rusland in 2010 in ’n “hok” bywoon, omdat hy as ’n “gevaarlike” misdadiger en vlugrisiko beskou is. Foto: Julian Rademeyer

Hoewel Dirk Prinsloo vanaf Sondag vir parool in aanmerking kom, beteken dit nié dat hy vanaf daardie dag ’n vry man is nie.

Die lang proses vir sy vrylating op parool sal op Maandag 20 Februarie begin.

Dié Suid-Afrikaner en voormalige Pretoriase advokaat is in Februarie 2010 in ’n hof in Belo-Rusland in Oos-Europa tot 13 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy is skuldig bevind aan diefstal, bankroof en boewery (waarin hy mense glo beseer het toe hy uit die bank gevlug het).

Sy vonnis het ’n boete-straf ingesluit. Hiervolgens moes Prinsloo skadevergoeding aan sy slagoffers betaal – soos mense wat in die mislukte bankroof in Baranowitsji beseer is – sowel as die onkoste van die ambulans wat uitgestuur is en die onkoste van die hofsaak.

Daar is destyds verduidelik dat indien ’n persoon in Belo-Rusland skuldig bevind word, die las van die koste van sy misdaad nie op die belastingbetaler moet wees nie.

Voordat Prinsloo dus vir parool in aanmerking kon kom, moes dié geld eers terugbetaal word.

Dit lyk asof Prinsloo die afgelope sewe jaar nie net ’n “modelgevangene” was nie, maar dat hy ook sy boetevonnis afbetaal gekry het.

Regter Vasily Petrif, wat Prinsloo skuldig bevind en gevonnis het, het verduidelik dat indien ’n beskuldigde nie die boete kan betaal nie, sy bates in Belo-Rusland gekonfiskeer word. As dit nie genoeg is nie, of, soos in Prinsloo se geval waar hy nie bates gehad het nie, moet die persoon in die tronk werk om daardie boete af te betaal.

Dit lyk asof Prinsloo die afgelope sewe jaar nie net ’n “modelgevangene” was nie, maar dat hy ook sy boetevonnis afbetaal gekry het.

Volgens die Belo-Russiese owerheid sal die tronkbestuur van die gevangenes in Mogilef, waar hy die laaste paar jaar aangehou is, ’n kommissie saamstel wat die sake van alle paroolgeregtigdes – insluitende Prinsloo – sal aanhoor.

“As hulle bevind dat hy ’n geskikte kandidaat vir parool is, sal die paroolaansoek na die plaaslike hof verwys word wat die finale besluit moet neem of ’n gevangene vrygelaat kan word of nie,” het die Belo-Russe verduidelik.

Die proses van Prinsloo se vrylating op parool word deur onder meer Interpol en die departement van justisie gehanteer.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het vroeër bevestig dat Suid-Afrika in kontak is met die owerhede in Moskou, Rusland, en Minsk, die hoofstad van Belo-Rusland.

Die proses van Prinsloo se vrylating op parool – of hy na Suid-Afrika gedeporteer of eerder uitgelewer moet word – word deur onder meer Interpol en die departement van justisie gehanteer.

Omdat die hooggeregshof in Pretoria in 2006 ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het, sal Prinsloo met sy aankoms in Suid-Afrika weer in hegtenis geneem word.

Dan sal ’n datum bepaal word vir wanneer sy verhoor, waarin hy meer as 11 jaar gelede saam met Cézanne Visser op onder meer kinderseksklagte tereggestaan het, weer sal begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.