27 April 18:39
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Misdaad
Gevangenes ontsnap by tolhek in KZN

Die polisie soek na ’n groep gevangenes wat Donderdagoggend uit ’n voertuig van die departement van binnelandse sake by die Mooirivier-tolhek in KwaZulu-Natal ontsnap het.

Dit is nog nie duidelik hoeveel ontsnap het nie, maar na berig word is dit ongeveer nege gevangenes. Hulle is glo onwettige immigrante.

’n Betroubare bron met kennis van die voorval wat met News24 op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, sê die gevangenes het die slotte van die polisievoertuig waarin hulle vervoer is, gebreek.

“Hulle het uitgespring toe die voertuig die tolhek nader en stadiger begin ry en het toe in verskillende rigtings op die vlug geslaan.”

Hulle het uitgespring toe die voertuig die tolhek nader en stadiger begin ry en het toe in verskillende rigtings op die vlug geslaan.

Die bron beweer ook dat skote afgevuur is en dat dit chaos en ’n verkeersopeenhoping by die tolhek veroorsaak het.

Die verdagtes het in die rigting van Bruntville, ’n informele nedersetting langs die tolhek, gehardloop.

“Die probleem is dat die gevangenes gewone klere aan het wat dit moeilik maak om hulle uit te ken.”

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“Amptenare van binnelandse sake was besig om die gevangenes van Ladysmith na Pietermaritzburg oor te plaas. Ons is nog besig om inligting in te samel,” sê hy.

Zwane sê hy dra in hierdie stadium geen kennis van skote wat tydens die ontsnapping afgevuur is nie.
– News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.