26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Misdaad
Gr. 7's verkrag glo gr. 2'tjie by skool

Drie seuns in gr. 7 het na bewering ’n meisie in gr. 2 by ’n laerskool in Randburg verkrag.

Kapt. Walter Spencer, polisiewoord-voerder, sê die voorval het op 4 April op die skoolterrein plaasgevind.

“Daar is ’n saak aanhangig gemaak en dit sal in die landdroshof in Randburg aangehoor word,” sê Spencer.

Jou kind en verkragting


De Waal sê jy moet met jou kind daaroor praat sodra hy of sy kan praat en vrae daaroor het.

“Die oomblik wat jou kind vrae het, praat jy daaroor. Jy vertel alles wat in jou kennisveld is. As jou kind iets vra wat buite jou kennisveld is, sê jy sal uitvind en kom dan terug na jou kind met die korrekte antwoord.”

Wanneer jou kind nie praat en vrae vra nie, moet jy nie later as die ouderdom van agt met jou kind praat nie.

“Sodra hy of sy agt jaar oud word en nog nie gevra het nie, moet jy uit jou eie met jou kind praat, veral omdat kinders dikwels deesdae al op nege ’n selfoon het.”

Sy sê jy stop ook nie vir jou kind ’n selfoon in die hand wanneer jy nog nie met hom of haar gepraat het oor seks en seksverwante onderwerpe nie.

“Kinders kan aan alle inligting op selfone blootgestel word en hulle weet nie hoe om daardie inligting te verwerk sonder die nodige leiding nie.”

Wanneer jy ’n gesprek oor seks met jou kind voer, mag jy nie troetelnaampies vir sy of haar geslagsdeel gebruik nie.

“Dit is waar probleme begin. Jou kind kom by sy maatjie. Hulle praat oor hul geslagsdele en kom dan agter hulle elkeen se geslagsdeel het verskillende name. Dan wil hulle kyk hoekom en dan eksperimenteer hulle.”

Oupa Bodibe, waarnemende woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê die departement is baie bekommerd oor die voorval.

“Die skool het met ’n tugverhoor begin en het aanbeveel dat die leerlinge geskors word,” sê hy. Die departement oorweeg die aanbeveling.

“Alle leerlinge wat geraak word, is na die Teddy Bear-kliniek verwys om sielkundige hulp te kry.”

Hy sê die departement duld nie seksuele geweld nie en “huiwer glad nie om streng op te tree as die beskuldigdes skuldig bevind word nie”.

“Ons vra alle leerlinge om te hou by die skool se gedragskode. Ons vra ook ouers om die departement te help en te sorg dat hul kinders gedissiplineerd optree.”

Spencer sê die drie seuns is minderjarig en is in die sorg van hul ouers terwyl die ondersoek afgehandel word.

“Minderjariges word nie in aanhouding geneem nie en daar is spesifieke programme wat hulle moet volg soos deur die hof bepaal,” sê Spencer.

Prof. Elda de Waal, onderwyskenner aan die Noordwes-Universiteit se Edu-Right-navorsingsentiteit op die Potchefstroom-kampus, sê navorsing toon gr. 7-seuns begin al hoe meer met kleiner kinders (gr. R tot gr. 2) eksperimenteer.

“Dit mag dikwels na iets onskuldigs klink, maar dit is hoogs ontstellend.”

Sy sê in party skole kan daar gr. 7-leerlinge wees wat ouer is en optree op maniere wat nie tipies is van ’n 13-jarige gr. 7-leerling nie.

Sy sê die seuns is duidelik minderjarig en dit sal in ag geneem word indien hulle skuldig bevind sou word.

Hulle sal ingrypend bestuur moet word deur mense wat opgelei is daarin om hierdie sake te hanteer.

Sy sê tipiese verwere van die seuns sal insluit: “Eksperimentering, ons was nuuskierig, sy is ons maatjie, ons speel baie saam, sy het net geglimlag, ons wou nie lelik wees nie en ons het haar nie seergemaak nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.