24 Julie 18:48
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Misdaad
Kenner se raad na aanval op Dave Pepler op staproete
’n Foto van Handré Basson, ’n Matie-student wat Saterdag teen Bothmaskop buite Stellenbosch aangeval en beroof is. Dave Pepler het dié foto op sy Facebook-blad gelaai ná die aanval. Foto: Dave Pepler / Facebook

Dis nie altyd maklik om jouself op ’n staproete te beveilig nie, maar om in ’n groep te stap is steeds die beste verweer teen aanvallers.

So meen Werner Mödinger (77) van die Stellenbosch-voetslaanklub nadat Dave Pepler, bekende omgewingskenner en aanbieder van Groen op kykNET, Saterdagoggend op ’n staproete naby Stellenbosch aangeval is.

Pepler en Handré Basson, ’n student aan die Universiteit van Stellenbosch, het omstreeks 11:30 teen Bothmaskop gestap toe drie mans hulle met pale geslaan en met klippe bestook en van hul selfone beroof het.

Hulle het messe uitgepluk en haar trouring en selfoon geroof. Daar was niks wat ons kon doen nie.
Werner Mödinger

Die polisie ondersoek die voorval en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die staproete is naby die Helshoogtepad buite die dorp. Volgens Pepler stap hy al 40 jaar die roete sonder probleme.

Mödinger sê sy wenk aan stappers is om nie alleen of selfs in klein groepe te gaan stap nie. Hy self is sowat ’n jaar gelede aangeval en beroof.

“Ek was saam met my vrou, maar dit het nie gehelp nie. Hulle het messe uitgepluk en haar trouring en selfoon geroof. Daar was niks wat ons kon doen nie.”

Dave Pepler, omgewingskenner en aanbieder van Groen op kykNET.

Mödinger se raad is om liefs alle waardevolle artikels tuis te los omdat die booswigte gewoonlik op soek is na kontant, selfone en juweliersware.

Hy sê selfs in gebiede waar toegangsbeheer toegepas word, is stappers nie werklik veilig nie.

“Wat ek ook sal aanbeveel, is om so ver as moontlik van woongebiede af te gaan stap. Die kanse is skraal dat iemand jou in die boendoes gaan beroof verder as 10 km van ’n woongebied.”

’n Vuurwapen is nie noodwendig die antwoord nie. “Om ’n wapen te dra is net nog ’n aantreklike artikel wat gesteel kan word. Jy sal dit waarskynlik in jou sak dra en daar beteken dit net mooi niks nie sou iemand jou aanval.” Sy raad is om pepersproei saam te dra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.