23 April 21:42
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Misdaad
Kyk: ’n Inbraak? Tieners ‘gefoeter met pype’

As my kind droogmaak, sluit hom toe. As jy bang is hy hardloop weg voor die polisie kom, bind hom vas, maar jy kan nie ’n kind so in die hospitaal inslaan nie, dis nie reg nie.”

Aan die woord is ­Abelia Eloff (39), wie se seun die afgelope week saam met ’n minderjarige vriend betrap is toe hulle na bewering by ’n kleinhoewe buite Heidelberg in Gauteng ingebreek het.

Migael Coetzer (19) en die 17-jarige vriend word in die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus behandel nadat hulle Maandag in die hande van ’n boendoehof beland het.

Coetzer het by sy pa op Heidelberg gekuier toe hy en die vriend besluit het om op ’n nabygeleë kleinhoewe te gaan “plat­annas vang”. “Die een sê hulle wou die ­geiser steel, die volgende een sê dit was ’n waterpomp en nou hoor ek dit was sommer ’n hele sak gesteelde goed, maar waar is die bewyse of die polisiesaak?” sê Eloff.

Musa Tshabalala (42), die eienaar van die huis, sê hy het Maandag twee kinders op sy kleinhoewe gaan aflaai waar hy met bouwerk besig is.

“Hulle het my amper dadelik gebel en gesê daar is vreemdelinge in my huis se dak,” sê Tshabalala.

Hy het hom soontoe gehaas en in die huis op twee sakke koperkabels afgekom.

Die 19-jarige Migael Coetzer is Maandag deur omstanders aangerand nadat hy en ’n vriend na bewering by ’n kleinhoewe ingebreek het.Foto: Heidelberg/Nigel Heraut

“Ek het by my hek omtrent vyf vreemde mans gekry en hulle het gesê daar is inbrekers in my huis.

“Hulle het saam met my gegaan vir ingeval die inbrekers gewapen was.”

Tshabalala het die polisie gebel terwyl die vreemdelinge die seuns probeer oorreed het om uit die plafon te klim.

“Die twee seuns het die mense met stukke pyp en dinge begin gooi. Die volgende oomblik spring die jonger een met ’n hamer uit die dak en begin swaai.

“Toe is daar chaos.”

Eloff het Donderdag gesê haar seun se bekkenbeen is geskuif en die ander het bloeding op die brein van die houe.

“My seun en sy vriend is amper doodgeslaan. Hulle is met ’n graaf en ysterpype gefoeter. 

Aangerand: Coetzer en sy minderjarige vriend word deur noodwerkers gehelp.Foto: Heidelberg/Nigel Heraut

“As dit nie vir ’n onbekende was wat op die toneel aangekom het en tussenbeide gekom het nie, sou my kind nie vandag gelewe het nie. Hy was reeds vasgebind en agter op die mense se bakkie. Hulle was op pad om hom te gaan necklace!”

“Aikôna,” sê Tshabalala.

“Die jongste seun het erken hy het in Desember my waterpomp ook gesteel. Hy sou ons gaan wys het waar dit weggesteek is, maar die mense het ons gekeer.”

’n Voorlopige dossier is aangelê om die aanrandingsaak te ondersoek, het kol. Barry Mashaba, bevelvoerder van Heidelberg se polisie, gesê. Tshabalala sê hy het met die pa van een van die kwaaddoeners ooreengekom dat nie een van die twee met regstappe sal voortgaan nie.

  • Eloff is Vrydag deur die Heidelbergse polisie gevra om ’n verklaring af te lê sodat ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer aanhangig gemaak kan word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.