25 Maart 21:37
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Misdaad
Lisensies: Nog 70 amptenare geskors

Nog 70 amptenare van die Johannesburgse lisensieafdeling is geskors op grond van ’n verslag oor bedrog en korrupsie.

Dié amptenare by kantore in Midrand, Randburg, Marlboro, Roodepoort, Langlaagte en Martindale is Maandag geskors.

Volgens Tony Taverna-Turisan, woordvoerder van die stadsraad, kan nóg amptenare in hegtenis geneem word.

“Die burgemeester (Herman Mashaba) het dit duidelik gestel dat korrupsie openbare vyand nommer een is. Ons moet ontslae raak van korrupte amptenare wat hulself ten koste van die stad se inwoners verryk.”

Hy sê sowat 40 nuwe personeellede is gewerf en personeellede van ander afdelings in die lisensieafdeling sal na die vakante poste geskuif word om die uitwerking op die afdeling se werk te beperk.

“Ons vra die publiek om asseblief geduldig te wees by die betrokke lisensiekantore terwyl ons probeer om van korrupte elemente ontslae te raak,” sê Taverna-Turisan.

Volgens die munisipaliteit is sowat R14,7 miljoen in die betrokke transaksies verloor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.