18 Augustus 22:16
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Misdaad
Lughawe-roof: Polisie trek 5 vas
Dié Lamborghini is die afgelope naweek in die motorhuis van een van die verdagtes in die rooftog by die O.R. Tambo-lughawe gevind. Die verdagte is glo ook in besit van ’n groot bedrag kontant gevind.

Die Valke het tussen Vrydag en Saterdag vyf mans in verband met die gewaagde rooftog van miljoene rande by die O.R. Tambo-lughawe in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes is glo in besit van ’n luukse Lamborghini en ’n redelik groot bedrag kontant gevind.

Nog ’n verdagte is vermoedelik ’n veiligheidswag wat gewerk het in die area waar die vermiste miljoene in ’n kluis by die lughawe bewaar is.

Die derde man werk by ’n veiligheidsmaatskappy.

Die vierde verdagte, ’n Zimbabwiër, is glo die een wat vals kentekens op voertuie aangebring het en “gekloonde polisievoertuie geskep” het.

Nommer vyf is na bewering ’n wag wat by die lughawe se grensheining gewerk het.

Een van die vyf verdagtes was glo ook in die polisie.

Die mans sal Maandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklagte van onder meer roof met verswarende omstandighede en nabootsing van ’n polisiebeampte.

Dit blyk volgens ’n bron dat die baasbreine agter dié rooftog van miljoene rande van Zimbabwiese afkoms is.

“Hulle het toe Suid-Afrikaners wat sleutelrolle kon speel, betrek,” is gesê.

Al vyf verdagtes is in Gauteng gearresteer.

Die Valke het ook op sekere bewysstukke, soos telefone, beslag gelê.

Die polisie het amptelik soos die graf geswyg oor die deurbraak en arrestasies.

Brig. Hangwani Mulaudzi, die Valke-woordvoerder, het Sondagaand gesê hy kan nie oor die “bewerings” bespiegel nie.

Die aanvallers moes presies geweet het wanneer daardie geld uit die kluis gebring sou word en op watter vlug daardie geld gelaai sou word

“Die waarnemende nasionale polisiehoof, lt.genl. (Khomotso) Phahlane, is aan die stuur van die ondersoek. Hy sal aankondigings oor die ondersoek maak wanneer die tyd geskik is,” het Mulaudzi gesê.

Kol. Athlenda Mathe, Phahlane se woordvoerder, het wel bevestig dat daar “verwikkelinge” is, maar dat Phahlane Maandag meer inligting bekend sal maak.

Volgens ’n vroeëre uiteensetting van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het ’n bakkie wat soos ’n polisievoertuig gemerk was, asook ’n wit voertuig met loeiende sirenes en flitsende blou ligte op 7 Maart om 19:23 by ’n beperkte-toegangsone by die lughawe se Noordhek 1 ingery.

Volgens Acsa en die Valke was daar verskeie gewapende mans in die twee voertuie, van wie sommige in polisie-uniforms was.

Die mans het hul vuurwapens op die veiligheidspersoneellede gerig toe dié vir hul identiteitsbewyse gevra het en die veiligheidsbeamptes gedwing om op die grond te gaan lê.

Die bende het volgens Acsa na die aanloopbaan gegaan en ’n onbekende bedrag uit ’n verseëlde houer verwyder.

Die Valke sê die rowers het die houer beskadig en 27 pakke geld geneem ter waarde van ongeveer R20 miljoen.

Die houer is glo onderskep toe Guardforce International Transportation dit na die SAL-vliegtuig wou neem wat die geld Brittanje toe sou neem.

Die geld was ’n besending wat aan al die wetlike vereistes voldoen het.

Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie.

Die rowers het 19:45 by dieselfde hek uitgery waar hulle ingekom het.

“Die aanvallers moes presies geweet het wanneer daardie geld uit die kluis gebring sou word en op watter vlug daardie geld gelaai sou word,” het ’n bron gesê.

’n Taakspan bestaande uit lede van die Valke, die misdaadintelligensie-eenheid en die speurtak is op die been gebring om die rooftog te ondersoek.

Kort daarna is die voertuie wat in die rooftog gebruik is, naby Pretoria teruggevind.

Op 14 Maart het Phahlane aangekondig dat twee mense in verband met die rooftog in hegtenis geneem is.

Mosiwa Mutame en Khulekani Sibanda het verlede week in die Kempton Parkse hof verskyn en is elkeen op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Hulle is albei van Zimbabwiese afkoms.

Dit blyk egter dat hulle ’n “kleiner” rol tydens die rooftog sou speel deur die hekke te bewaak.

’n Polisieman en nog ’n persoon is ook ingeneem vir ondervraging, maar dit is onbekend of hulle later van mindere aanklagte aangekla is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.