28 Februarie 16:55
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Misdaad
Man aangekeer weens moord op sy vrou

’n Man (42) van QwaQwa in die Vrystaat is Donderdag weens die moord op sy vrou in hegtenis geneem.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê Ditlhare Emily Moeti (33,) se lyk is Donderdag in die oggendure buite haar huis in die dorpie Phamong in QwaQwa gevind.

Sy het erge kopbeserings gehad.

“Die polisie is om 02:00 na die huis geroep waar die vrou met steekwonde aan haar kop gekry is,” sê Mophiring.

“Haar man sê toe hy teen middernag by die huis kom, het die deur wawyd oop gestaan en sy vrou was nie tuis nie.”

Hy het haar buite dood aangetref.

Haar man sê toe hy teen middernag by die huis kom, het die deur wawyd oop gestaan en sy vrou was nie tuis nie.

“Die polisie het op getuienis in die huis beslag gelê.”

Moeti se familie is reeds ingelig en hulle het klaar die lyk uitgeken.

Die man sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Tseki, Phuthaditjhaba, verskyn.

Genl.maj. Peter Moloi, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-polisiegroep, sê hulle kry gereeld soortgelyke moordgevalle.

“Alkoholmisbruik dra dikwels daartoe by,” sê hy.

“Vroue is meestal die slagoffers en voorvalle gebeur meestal in die huis of op straat.

“Met die naderende Nuwejaarsvieringe vra ons die gemeenskap om versigtig te wees en verantwoordelik fees te vier terwyl die polisie die gebiede sal patrolleer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.