21 Augustus 04:36
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Misdaad
Man uiteindelik vas ná granaat ontplof

Speurders verbonde aan Manenberg se ernstigegeweldsmisdaad-eenheid het Vrydag vroegoggend ’n man van Vanguard Estate, Athlone, wat sedert Desember 2016 deur die polisie gesoek word nadat ’n handgranaat by sy huis ontplof en ’n jong man sy arm verloor het, in hegtenis geneem.

Die speurders het die man in die bergpas tussen Barrydale en Montagu voorgelê nadat hulle ’n week gelede inligting ontvang het dat die man (48) se vrou verjaar en dat hy in Barrydale is.

Volgens ’n ingeligte is die speurders na die man se huis. Daar gekom, het sy kinders gesê dat hul pa by die huis is, maar dat hy en hul ma na die JR’s-nagklub in Montagu is.

Die speurders het besluit om in die pas te gaan wag. Hul geduld is ná ’n paar ure beloon toe hulle die man in sy voertuig, ’n blou Volkswagen Golf, deur die pas sien kom het. Die bron het gesê die man het glo van die polisie probeer wegjaag, maar is gou ingehaal.

Devlin Mitchell het in Desember 2016 sy linkerarm verloor toe ’n M26-handgranaat omstreeks 18:30 by ’n huis in Goudstraat, Vanguard Estate, Athlone, op die Kaapse Vlakte, ontplof het. Vyf ander mans is ook beseer.

Mitchell is ná die ontploffing in ’n ernstige toestand na die Melomed-hospitaal in Gatesville geneem.

Die ander vyf mans het ernstige beserings aan hul gesigte en lywe opgedoen.

Twee is na die Tygerberg-hospitaal en die ander drie na die Groote Schuur-hospitaal geneem.

Die man wat in hegtenis geneem is, het glo vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gewerk. Hy sal Maandag in die landdroshof in Athlone verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.