30 Mei 05:27
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 13°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 70%

Misdaad
Man wat sy eks, haar broer skiet, dreig haar lankal
Marthinus (Seun) le Roux

Leonara le Roux Dorfling van Polokwane het geslaap toe haar vervreemde man haar in die kop en hart geskiet het tydens ’n gesinstragedie Saterdagaand.

Haar broer, Marthinus (39), alias Seun, het van die skote wakker geskrik.

Benjamin Dorfling (42), van wie Leonara (36) besig was om te skei, het vermoedelik by die huis in Ladanna ingebreek.

“Seun het vergeefs probeer keer dat Ben hom skiet, maar Ben het hom in die kop geskiet,” het ’n familievriendin, wat nie haar naam genoem wil hê nie, gesê.

Leonara en Seun se bebloede lyke is in hul slaapkamers gekry.

Leonara se dogter uit ’n vorige verhouding wat ’n paar huise verder by vriende gekuier het, het die skote gehoor en huis toe gehardloop.

“Toe sy by die huis inhardloop, het sy gesien hoe Ben homself in die kombuis in die kop skiet,” sê die familievriendin. “Sy is nou by haar pa in Pretoria, maar huil die hele tyd.”

Vriende van Leonara het op Facebook hul skok en ongeloof oor wat gebeur het te kenne gegee.

Leonara le Roux Dorfling

“Hoe kon hy dit doen? Hoe kon jy dit aan die kinders doen en met al die seer agterlaat?” het Melania van Sittert Grobler geskryf.

Lana le Roux, Leonara se suster, het gesê Ben het haar suster en broer meer as een keer met die dood gedreig. “Leonara het verlede week vir my oor die telefoon gesê dat Ben haar en Seun bel en sê hy gaan hulle doodskiet.”

Volgens haar het Marthinus by Leonara ingetrek in die huis naby die Pietersburg-Doornkraal-feesterrein “omdat my broer my suster teen Ben wou beskerm”.

Leonara het Saterdag in ’n WhatsApp-boodskap vir Lana gesê: “Ben raak te erg. Dit voel of ek in die hospitaal gaan beland.” Ure later was sy dood.

Lana sê haar broer en suster was goeie mense. “Hulle was my alles. Dit voel of die helfte van my dood is.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n vuurwapen is langs Ben se lyk gekry.

Leonara en Benjamin was sowat sewe jaar getroud. “Hulle het verskriklik baklei, hy het haar geslaan en sleg behandel,” het Lana gesê.

Leonara het onlangs selfs ’n beskermingsbevel teen Benjamin gekry.

Lana sê hulle ouers, Tobie en Miemie le Roux, se harte is gebreek. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.