27 April 18:49
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Misdaad
‘Mans in Moslemdrag’ skiet 2 broers in Delft

Die polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord nadat twee broers Donderdagaand gewond is toe sowat 20 mans, glo gleklee "in Moslemdrag" op hulle losgebrand het.

Dit het omstreeks 22:15 in Vuurleliesingel in Rosendal in Delft, Kaapstad, gebeur.

Volgens ’n ingeligte bron het drie bakkies vol mans wat Moslemdrag aangehad het voor die huis gestaan.

Die mans se gesigte was bedek en van hulle het koeëlvastebaadjies aangehad.

“Hulle het voor die huis gestaan en vir Voudie op sy naam geroep. Hulle het ook gesê hulle is die polisie.”

Toe Horatio Solomons, ook bekend as Voudie, en sy broer, ene Chad Arendse, uit die huis kom en die hek oopmaak, het die mans op hulle begin skiet.

Hulle het voor die huis gestaan en vir Voudie op sy naam geroep. Hulle het ook gesê hulle is die polisie.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig.

“Toe die polisie op die toneel kom, was daar twee beskadigde motors met insittendes. Twee beseerde mans met veelvoudige skietwonde is ook op die toneel aangetref. Albei mans is hospitaal toe geneem vir behandeling.”

Die motors is dié van die beseerdes en is in die skietery beskadig. Daar word vermoed dat van hul vriende hulle na die hospitaal wou vervoer in die motors.

Die verdagtes is onbekend en steeds soek.

Die polisie het nie bevestig of ontken of die verdagtes wel in tradisionele Moslemdrag geklee was nie.

“Dit is deel van die ondersoek.”

* Washeema Matthews (17), ’n gr. 10-leerling, is Woensdag omstreeks 12:40 ook in Vuurleliesingel doodgeskiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.