Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Misdaad
Mans vas oor verkoop van vals matrieksertifikate

Drie mans wat na bewering vervalste matrieksertifikate verkoop het, het Dinsdagoggend in die hof in Botshabelo naby Bloemfontein verskyn.

Joel Mpotle (38), Tebello Mohale (39) en Lefa Ntshasa (49) se verhoor is tot 17 Januarie uitgestel wanneer hulle waarskynlik om borgtog sal aansoek doen.

Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê die mans is op 31 Desember verlede jaar in hegtenis geneem toe die Valke ’n lokval vir hulle gestel het.

Die Valke se teenkorrupsie-eenheid en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het inligting ontvang dat matrieksertifikate van Umalusi vervals is en verkoop word. Dit is glo teen R3 000 tot R4 000 elk verkoop.

Volgens Nyakane het ’n polisiebeampte ’n sertifikaat vir R3 000 gekoop.

Hy sê Mohale is voorheen weens ’n soortgelyke oortreding tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar opgeskort is.

Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.