24 Maart 12:08
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Misdaad
Moordverdagtes vinnig vasgetrek danksy beriggewer
Die Shalom-wooneenhede wat deur die vermoorde Engelé Rossouw bestuur is, is pas verkoopFoto: Alet van der Walt

Die hulp van ’n beriggewer wat voorheen saam met die bekende speurder Piet Byleveldt gewerk het, het meegebring dat twee vermeende Kroonstadse moordenaars blitsvinnig vasgetrek is.

Die polisieberiggewer van Kroonstad se Moakeng-township het aan Netwerk24 vertel hoe hy en plaaslike speurders dag en nag gewerk het om die vermeende moordenaars van Engelé Rossouw op te spoor.

Die beriggewer se naam word weerhou omdat hy gereeld saam met die polisie werk om misdadigers vas te trek.

John Kgatliso Mohoboko (36) en Phello Mosala (36) het weer Woensdag in Kroonstad in die landdroshof verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord.

Die verhoor is tot 20 Januarie uitgestel omdat Mosala nog nie ’n regsverteenwoordiger het nie. Die mans het Woensdag aangedui dat hulle om borgtog wil aansoek doen.

Die beriggewer sê hy en speurders het reeds op Kersdag na ’n man met die naam John begin soek. Rossouw was toe nog net as vermis aangemeld.

Sy soektog het hom na kleinhoewes buite die dorp gelei. Hier het ’n gestremde vrou Mohoboko se volle name aan hom gegee.

Die beriggewer sê Mohoboko, die voormalige tuinwerker van Rossouw, het op 27 Desember oudergewoonte by sy werkplek – die moordhuis – opgedaag. Hy het egter kort hierna verdwyn.

Rossouw was toe reeds vermoor en haar lyk is al op 26 Desember in die bad van haar ouerhuis in die Panorama-woonbuurt gevind.

Die polisie het vasgestel Mohoboko, ook bekend as Aitso, het ’n misdaadgeskiedenis en die soektog is uitgebrei. Mohoboko is opgespoor en in hegtenis geneem, maar weens ’n gebrek aan bewyse weer vrygelaat.

Die polisie het intussen vasgestel dat ’n SIM-kaart van Mohoboko in Rossouw se gesteelde selfoon gebruik is en ’n tweede soektog na hom is begin.

Die beriggewer het inligting ontvang dat Mohoboko in Moakeng se Gelukwaarts-woonbuurt skuil.

Mohoboko en Mosala is gereeld in die Madala-taverne gesien waar hulle gesit en drink het en oor hul misdade gespog het.

Mohoboko is deur die beriggewer agtervolg na waar sy vrou gewoon het. Van die vermiste artikels uit Rossouw se huis is in haar huis gevind.

Mohoboko het kort hierna ’n volledige bekentenis gedoen en beweer nou Mosala het Rossouw vermoor.

Twee skootrekenaars en ’n selfoon word nog vermis.

Landdros Ronnie Mnguni het geweier dat die media foto’s van die mans neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.