19 Februarie 13:53
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Misdaad
Myndorpe in SA: 1 uit 4 vroue verkrag
’n Kind wat in erge armoede leef in Suid-Afrika se mynomgewing loop die risiko om verkrag te word, soos haar ouer suster, volgens navorsing wat deur Dokters Sonder Grense gedoen is. Foto: Marcus Finiosse
Oorvol gesondheidsgeriewe soos dié kan verhoed dat mense sorg soek nadat hulle slagoffers van seksuele geweld was, het ’n studie van Dokters Sonder Grense bevind. Foto: Tshiamo Matlhabe
’n Verpleegster gebruik ’n diagram om kinders te help wat seksuele geweld in die myndorp Rustenburg ervaar het. Navorsing deur Dokters Sonder Grense in Suid-Afrika se platinumgordel het gewys een uit vier vroue daar is al verkrag. Foto: Garret Barnwell

Skokkende navorsing wat onlangs deur Dokters Sonder Grense (MSF) op ’n internasionale konferensie bekend gemaak is, wys 20% van vroue wat in Suid-Afrika se platinummyngordel bly, het weens verkragting MIV-vigs gekry.

Dit toon ook dat 25% van vroue wat in dié groter Rustenburg-omgewing bly nie net al verkrag is nie, maar 95% van hulle het nog nooit die kans gehad om met ’n gesondheidswerker daaroor te praat of hulp te kry nie. Die helfte weet nie hulle kan hulp kry nie.

Die aankondiging is Vrydag in Seattle, Amerika gedoen op die Internasionale Konferensie oor Retrovirusse en Opportunistiese Infeksies. Die jongste navorsing van MSF volg op die studie wat in 2015 gedoen is oor seksuele geweld in die omgewing.

Die nuwe ontleding gee meer besonderhede oor die omvang van die seksuele geweld. Hulle het 6 765 vroue nagespoor wat weens verkragting MIV-positief geword het.

En een uit elke drie aborsies was ook omdat die vroue verkrag is. Depressie is ’n ernstige kwessie onder die vroue en daar is geen traumabehandeling nie.

Een uit elke drie aborsies was ook omdat die vroue verkrag is. Depressie is ’n ernstige kwessie onder die vroue en daar is geen traumabehandeling nie.

MSF sê die gesondheidsgevolge van seksuele geweld kry steeds geen aandag nie en dringende aksie moet geneem word.

Baie ekstra lyding kan verhoed word as oorlewendes net basiese toegang tot gesondheidsdienste kry, sê dr. Sarah-Jane Steele, ’n epidemioloog van MSF.

“Elke dag word geleenthede misgeloop om MIV-infeksie, sielkundige trauma en ongewensde swangerskap vir slagoffers van seksuele geweld in die platinumgordel van Suid-Afrika se myngemeenskappe te voorkom. Daar is te min gesondheidsgeriewe om nodige dienste te verskaf,” sê sy.

Sy sê dat dit nie onrealisties is om die minimum te verwag nie. Elke distrik in die land moet ’n pakket aan vroue kan gee om die nadele van verkragting en geweld te behandel. Dit sluit behandeling in wat MIV kan voorkom ná verkragting, traumabehandeling, noodvoorbehoeding, basiese mediese dienste en die opsie vir ’n forensiese ondersoek. ’n Mens kan MIV voorkom indien jy die regte medisyne binne 72 uur ontvang.

Die organisasie het ’n beroep op die regering gedoen om die hulp by sy nasionale strategiese plan in te sluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.