26 Junie 19:21
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Misdaad
'Ons gly nog in bloed, toe's die blou uniform daar'
Basil Duvenage verduidelik buite die huis in Somerstrand hoe hy ’n vermeende inbreker Woensdagoggend oor sy skouer gegooi het toe die man hom in die huis bestorm.

’n Inbreker wat skynbaar geglo het hy gaan maklik met ’n paar waardevolle items by ’n Somerstrand-huis in Port Elizabeth wegstap, het sy moses teëgekom.

Dié “moses”, oftewel Basil Duvenage (59), het Woensdagmiddag op ’n benoude gil om hulp van sy vrou, Beverley (57), in Gomery Place gereageer.

“Ek het die onbekende man in die gang betrap waar hy my vrou, wat aan artritis ly, aan die arm in die gang af sleep,” sê Duvenage kort ná die voorval.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Beverley op ’n man in die huis afgekom waar hy waardevolle items in ’n sak pak.

Naidu sê die man het mev. Duvenage aan die arm gegryp en sy het gegil.

Sonder om twee keer te dink het Duvenage, wat in ’n buitewoonstel was, sy vrou te hulp gesnel.

“Die man het my vrou neergegooi toe hy my sien aankom. Hy het op my afgepyl en my met sy kop probeer stamp. Gelukkig het ek my kop teruggetrek en sy momentum gebruik om hom oor my skouer op die grond te gooi.”

Duvenage sê hy het gesorg dat hy die man se hande vashou aangesien hy bang was daar is ’n wapen in sy broek versteek.

Die polisiebeamptes bring ’n verdagte (38) uit ’n huis in Somerstrand in Port Elizabeth waar hy op heterdaad betrap is. Foto’s: Cara-Lee Dorfling

Die man het blykbaar vreeslik geskree en Duvenage beveel om hom te los, aangesien hy die huiseienaar glo ken.

“Ons bly in Oos-Londen en die afgelope vier dae het ons ons seun met opknappingswerk kom help, so ek was vir ’n sekonde onseker.

“Die man kon egter nie sê wie die sogenaamde eienaar is wat hy ken nie, toe stoei ons maar verder.”

Tydens die gestoei het die man sy kop teen die teëlvloer oopgekap en baie gebloei.

“Ons het omtrent in die bloed gegly. Gelukkig kon ek hom iewers vasdruk en nog voor ek van die man af kon opstaan, was die blou uniform voor my om die man in hegtenis te neem.”

Duvenage vermoed die man het sy seun dopgehou aangesien hy geweet het dat Duvenage vreemd is in die huis.

“Gelukkig was die Humewood-polisiebeamptes baie vinnig op die toneel, want ek kon die man dalk seergemaak het, veral noudat ek weet hoe rof hy my vrou hanteer het,” sê Duvenage.

Die verdagte wat mank geloop het toe hy in boeie uit die huis gebring is, het paramedici se behandeling vir die bloeiende sny op sy kop op die toneel geweier.

Volgens Naidu is die verdagte 38 jaar oud en ’n inwoner van New Brighton. Hy sal binnekort op aanklag van huisroof in die landdroshof tereg staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.