27 Julie 00:41
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Misdaad
Opod ondersoek konstabel se skietdood

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek glo die dood van ’n polisiekonstabel nadat hy Woensdagaand per ongeluk deur ’n ander konstabel in Kraaifontein, Kaapstad, doodgeskiet is.

Die voorval het om 20:20 plaasgevind.

Na wat verneem word, het Christopher Mouton, wat reeds nege jaar in die polisiediens was, ’n polisiebussie bestuur wat lede van ’n stabiliseringseenheid vervoer het wat ontplooi is om bendegeweld hok te slaan. Hulle het net van ’n skietery in die gebied afgekom toe die voorval plaasgevind het.

Konst. Christopher Mouton

“Die een lid wat agter in die bussie gesit het, ’n nuweling by die eenheid en in die polisie, se vuurwapen was nog oorgehaal. Hy wou weer sy vuurwapen beveilig deur die veiligheidsknip op te sit, toe die skoot afgegaan het. Die koeël het Mouton van agter getref en deur sy hart gegaan,” sê ’n bron.

Mouton is kort daarna op die toneel dood.

Volgens sy kollegas is hy in September 2016 getroud en is sy jongste kind op 25 Januarie vanjaar gebore.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig. Hy sê Opod ondersoek die omstandighede van Mouton se dood.

Opod het nog nie op navrae geantwoord nie.

Hou Netwerk24 dop vir verwikkelinge.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.