26 Julie 16:50
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Misdaad
Perlemoen: Morné Blignaut wéér aangekeer
Morné Blignaut, vermeende perlemoensindikaatleier, is weer Vrydag in hegtenis geneem. Foto: Werner Hills

’n Vermeende perlemoensindikaatleier van Port Elizabeth is Vrydagoggend wéér vir perlemoenbedrywighede aangekeer.

Morné Blignaut (45), sy seun (25), asook nog ’n man (34) is omstreeks 06:00 deur die polisie by hul huise in Port Elizabeth in hegtenis geneem.

Blignaut is in 2016, ná ’n twee jaar lange ondersoek, deur die Valke as die vermeende leier van perlemoensindikaat aangekeer.

Hy word saam met sy eksvrou Marshelle (38), en nog ses ander mans van rampokkery aangekla.

Blignaut is op R250 000 borgtog vir die rampokkery vrygelaat.

Na wat beweer word het Blignaut intussen nóg ’n perlemoen-smokkelmaatskappy begin.

Die aantygings spruit uit ’n voorval van 8 Februarie vanjaar, toe ’n man met 700 kg se perlemoen naby Kinkelbos, sowat 47 km buite Port Elizabeth, betrap is.

Hieruit het die polisie se ondersoek hulle glo gelei tot ’n nuwe perlemoenmaatskappy wat gestig is.

Blignaut en sy twee medeverdagtes sal na verwagting eers Maandag in die landdroshof in Kinkelbos verskyn.

Blignaut het die afgelope week in Port Elizabeth se hooggeregshof verskyn. Die verhoor vir die rampokkery is vir 20 November tot 15 Desember op die hofrol geplaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.