18 Augustus 22:13
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Misdaad
Polisie loof beloning uit vir feite oor vermoorde vrou

Die polisie het Vrydag ’n beloning van R25 000 uitgeloof nadat ’n vrou wreed in Phomolong, Hennenman vermoor is.

Refilwe Sana Rampai (20) se ma het onrustig geword toe sy haar dogter nie op haar selfoon kon bereik nie. Sy het die Maandagaand uit Gauteng, waar sy werk, Hennenman toe gekom om haar dogter op te spoor.

Sy het omstreeks 21:30 daardie aand Rampai se lyk in haar slaapkamer gekry. Rampai was met ’n skerp voorwerp in die maag gesteek.

Volgens verklarings deur ander lede van die gemeenskap is Rampai die Sondag laas by ’n kerkbyeenkoms gesien.

Hennenman se polisie kan by 057 573 9104 of 071 072 4268 en 078 100 6091 geskakel word indien iemand met die ondersoek kan help.

Mohodi Dijana (15) is net enkele dae voor Refilwe Sana Rampai (20) in Hennenman se Phomolong-township vermoor. Die polisie het nou ’n beloning van R25 000 uitgeloof om Rampai se moordenaars op te spoor.

* Op Donderdag 30 Maart het ’n seun van dieselfde township op die lyk van sy 15-jarige suster in hul huis afgekom.

Die seun, Pule Dijana, het omstreeks 12:30 ná skool by die huis gekom. Die kombuisdeur was nie gesluit nie en die sleutel het in die deurslot gehang.

Hy het op sy suster, Mahohodi, se lyk afgekom waar sy tussen ’n hangkas en bed gelê het. ’n Kledingstuk was in haar mond gedruk en die seun kon haar nie bybring nie.

Die polisie se ondersoekwerk is met dié moord baie bemoeilik omdat tientalle mense die huis binnegaan het. Twee mans is oor die voorval in hegtenis geneem en daar word op die DNS-uitslae gewag om te sien of hulle met die moord verbind kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.