26 Junie 14:11
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Misdaad
Polisie soek 3 wat skoolmeisie verkrag

Die polisie in Qholaqhwe, Qwaqwa, is op soek na drie mans wat ’n skoolmeisie ure lank aangehou en om die beurt verkrag het.

Die verkragters het die 16-jarige meisie van 4 tot 5 Februarie vanjaar in ’n plakkershut aangehou en beurte gemaak om haar te verkrag.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die meisie was Saterdagaand omstreeks 19:00 op pad na ’n winkel toe die drie mans haar voorgekeer en in ’n sinkhuis ingedwing het.

Hulle het die meisie tot die volgende oggend aangehou en haar laat gaan nadat hulle haar verskeie kere verkrag het.

Mophiring sê klagte van verkragting word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* In ’n ander voorval in Qwaqwa is die polisie op soek na die familie van ’n man wat Maandagaand met ’n mes in Khabisi, Qwaqwa, doodgesteek is.

Volgens Mophiring het twee mans omstreeks 21:00 in die straat baklei toe een van die mans ’n mes uithaal en die ander een daarmee steek. Die man het op die toneel aan sy steekwond beswyk en die moordenaar het weggehardloop.

Mophiring sê die motief vir die moord is steeds onbekend en die polisie is nog op soek na die moordenaar.

Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om hul naaste polisiekantoor te bel of die Makwane-polisiekantoor by 058 713 4454.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.