29 Junie 04:15
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Misdaad
Polisie val nie vir storie van rooftog

’n Vragmotorbestuurder (42) wat probeer het om polisielede in Worcester te flous, het gaan kla dat daar R17 000 by hom geroof is terwyl die geld steeds in sy vragmotor was.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die man het Donderdag na die Worcester-polisiestasie gegaan en aangevoer gewapende rowers het hom aangehou en van die kontant beroof.

Die klaer het egter nie net by een storie gebly toe die polisie meer inligting by hom probeer kry het nie, en die beamptes het snuf in die neus gekry.

Van Wyk sê die beamptes het die vragmotor deurgesoek en afgekom op die presiese bedrag kontant wat die man gesê het van hom geroof is.

Die man is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die geld. Die man het Vrydag in die landdroshof in Worcester verskyn op klagte van meineed en regsverydeling. Die saak is tot 23 Maart uitgestel, het Van Wyk gesê.

Die klaer het egter nie net by een storie gebly toe die polisie meer inligting by hom probeer kry het nie, en die beamptes het snuf in die neus gekry.

In ’n ander voorval is polisiebeamptes verbonde aan die honde-eenheid Vrydagoggend teen omstreeks 07:30 deur ’n lid van die publiek voorgekeer, wat gesê het ’n verdagte voertuig is naby ’n bank in Ou Paarlweg opgemerk.

Die hulp van nog twee lede van die honde-eenheid is ingeroep en die verdagtes is opgespoor waar hulle in ’n silwerkleurige Toyota Tazz gesit het.

Die verdagtes het uit die motor geklim en die polisielede het ’n vuurwapen voor op die vloer aan die passasierskant asook ’n tweede vuurwapen agter in die voertuig gesien.

Die vuurwapens se reeksnommers was afgeveil.

Met verdere speurwerk is vasgestel die Tazz is vroeër die maand in Delft in ’n kaping geroof.

Die verdagtes, drie van Philippi en ’n vierde van Delft, is in hegtenis geneem weens die besit van onwettige vuurwapens en kaping. Hulle verskyn Maandag in die landdroshof in Kuilsrivier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.