29 Mei 08:00
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Misdaad
Polisiebeampte noodlottig gewond in Soshanguve

’n Polisiebeampte is Vrydagaand tydens ’n misdaadvoorkomingsveldtog in Soshanguve buite Pretoria doodgeskiet.

Die sersant, wie se naam nog nie bekend is nie, is tydens sy aankoms by ’n kliniek dood verklaar, sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng.

Nóg ’n polisiebeampte is tydens die wilde skietery beseer.

Peters sê die konstabel is in ’n bestendige toestand in ’n hospitaal in Pretoria.

Die twee beamptes was Vrydagaand deel van die polisie se Operasie Paseka, wat misdaad wil voorkom en bestry tydens Paasfees, toe daar op hulle geskiet is.

’n Wit Toyota Corolla is in Ruth First-laan van die pad getrek sodat die polisie die motor kon deursoek.

’n Onbekende aantal insittendes het egter op die polisie losgebrand toe hulle naby die motor kom. Hulle het daarna weggejaag.

Peters sê die motor is in Vosloorus aan die Oos-Rand as gesteel aangemeld.

Die polisie het met ’n soektog na die verdagtes begin, maar teen Saterdagmiddag is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Deliwe de Lange, polisiehoof in Gauteng, het die voorval veroordeel.

Dis ironies dat die polisie in Gauteng onlangs ’n biddiens gehou het vir die toegewyde polisiebeamptes wat misdaad bestry en dat Paasfees vreedsaam moet verloop

“Dis ironies dat die polisie in Gauteng onlangs ’n biddiens gehou het vir die toegewyde polisiebeamptes wat misdaad bestry en dat Paasfees vreedsaam moet verloop.”

De Lange sê “hoe hartseer die moord op die sersant al is, sal dit die polisie nie van stryk bring nie. Ons is nou nog meer vasberade om misdadigers uit Gauteng te verwyder”. – News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.