29 Junie 04:15
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Misdaad
Scott-Crossley moet self borgtog vra, sê polisie
Mark Scott-Crossley Foto: Argief/Marietie Louw-Carstens

Die regspan van Mark Scott-Crossley wat glo ’n man in Desember in Hoedspruit omgery het, het Donderdagoggend by die dorp se polisiekantoor opgedaag en wou aansoek doen om borgtog namens Scott-Crossley.

Brig. Motlafelo Mojapelo, hoof van polisiekommunikasie in Limpopo, sê die polisie het vir die regspan gesê Scott-Crossley moet homself aan die polisie oorhandig.

“Hy sal dan soos enige ander verdagte in hegtenis geneem word en die reg sal sy loop neem. Geen verdagte sal voorkeurbehandeling kry nie,” sê Mojapelo.

Die polisie het ’n lasbrief weens poging tot moord vir Scott-Crossley uitgereik, maar kan hom sedert einde Desember nie opspoor nie.

Mojapelo sê sy besonderhede is by alle grensposte ingedien sodat hy nie Suid-Afrika kan verlaat nie.

Scott-Crossley was glo in Desember betrokke by ’n voorval waarin Silence Mabunda (37), ’n werknemer van die Moholoholo-wildrehabilitasiesentrum buite Hoedspruit, deur ’n bakkie omgery is.

Mojapelo sê ’n klag van poging tot moord is teen Scott-Crossley aanhangig gemaak.

Mabunda beweer hy het in Desember selfoonlugtyd by ’n winkel buite Hoedspruit gekoop. Scott-Crossley was by die winkel en het die selfoon gegryp en teen die grond stukkend gegooi. Dit is onduidelik waarom dit gebeur het.

Scott-Crossley was by die winkel en het die selfoon gegryp en teen die grond stukkend gegooi.

Daily Sun het berig Scott-Crossley het vir Mabunda gesê “ek sal jou bliksem”.

Mojapelo sê Scott-Crossley is na sy voertuig terwyl Mabunda op die pad teruggestap het na die wildrehabilitasiesentrum.

Scott-Crossley het toe na bewering verby Mabunda gery, maar toe omgedraai, op Mabunda afgejaag en hom omgery. Scott-Crossley het toe na bewering sy voertuig in trurat gesit en weer oor Mabunda gery.

Mabunda is in ’n hospitaal in Nelspruit behandel vir ernstige beserings aan albei sy bene. Hy is sedertdien uit die hospitaal ontslaan, maar kan steeds nie werk nie weens beserings aan sy linkerknie. Hy moet met krukke oor die weg kom.

Scott-Crossley is berug weens die dood van Nelson Chisale, ’n plaaswerker, wat in 2004 in ’n leeukamp buite Hoedspruit gegooi is.

Scott-Crossley is berug weens die dood van Nelson Chisale, ’n plaaswerker, wat in 2004 in ’n leeukamp buite Hoedspruit gegooi is.

Scott-Crossley is in 2005 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die aanranding van en moord op Chisale en omdat Chisale daarna in die leeukamp gegooi is.

In September 2007 het die appèlhof in Bloemfontein die skuldigbevinding aan moord tersyde gestel.

Sy vonnis is verminder tot vyf jaar weens medepligtigheid aan die moord op Chisale. Die hof het bevind die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat Chisale nog gelewe het toe hy in die leeukamp gegooi is nie.

Scott-Crossley is in 2008 op parool vrygelaat. Volgens News24 het die parooltydperk einde September 2010 verstryk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.