23 Augustus 14:02
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Misdaad
Seun het aneurisme ná bloedige aanval in parkie
Die 12-jarige seun kort ná die voorval.

Die seun (12) van Goodwood wat vroeg in Julie in ’n park 33 keer met ’n skerp voorwerp gesteek is, het ’n aneurisme en is weer in die hospitaal vir nog ’n operasie.

Hy was dié week terug by die skool, maar is Vrydag weer in die hospitaal opgeneem vir ’n breinskandering, toe daar gevind is dat hy ’n aneurisme het.

Die jongste operasie is die seun se vierde sedert hy helder oordag op 11 Julie in ’n speelpark naby sy huis in Paarlstraat in Goodwood aangeval is.

Hy het reeds ’n operasie aan albei sy hande gehad, asook aan sy nek en gesig. Die operasie aan sy gesig was om senuwees in die gesig te herstel.

Die ma sê haar seun doen baie fisioterapie en gebruik reeds sy hande.

“Hy vaar eintlik baie goed. Hy is ’n sterk seun.”

Hy speel wel in die huis en by maatjies se huise, maar nie buite nie.
Slagoffer se ma.

Hoewel hy goed aansterk, speel hy nie meer buite nie. “Hy speel wel in die huis en by maatjies se huise, maar nie buite nie.”
Haar oudste seun (19), wat sy bebloede boetie by die speelparkie gaan haal het, “is ’n bietjie meer oorbeskermend as vantevore, maar hy doen goed”.

Moain Salie (31) het op aanklagte van poging tot moord op die seun in die hof verskyn.

Salie is na ’n psigiater verwys en ’n verslag word teen die volgende hofverskyning verwag.

Die seun se ma sê sy dink nie Salie is regtig geestelik versteurd nie. “Ja ek glo daar is iets fout met enige mens wat veral ’n kind leed aandoen, maar ek glo nie hy is geestelik versteurd nie. Mense gebruik dit net as ’n verskoning om straf te ontduik.”

Salie is weer 15 Augustus in die landdroshof in Goodwood.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.