24 Junie 07:20
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Misdaad
Skoolseuns verkrag glo dronk meisie en maak video

Drie leerlinge van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein verskyn na verwagting Maandagoggend in die kinderhof in die stad nadat hulle na bewering ’n skoolmaat verkrag en ’n video daarvan gemaak het.

Die drie seuns sal in die One Stop Child Justice-sentrum verskyn nadat twee van hulle sowat twee weke gelede glo ’n 14-jarige meisie met hul vingers verkrag het. Die derde leerling het die voorval op sy selfoon afgeneem waarna die video op sosiale media versprei is.

Die slagoffer se vriende het haar agtergelaat toe hulle sien sy is te dronk waarna die seuns op haar afgekom en haar glo verkrag het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die seuns is nie in hegtenis geneem nie, maar sal reguit na die hof geneem word. Twee van die seuns sal op ’n aanklag van verkragting verskyn terwyl die ander een op die vervaardiging en verspreiding van pornografiese materiaal sal verskyn.

Die seuns se hof verskyning spruit uit ’n voorval op 7 Junie toe die meisie op die skoolterrein deur medeleerlinge verkrag is – soos blyk uit die video – nadat sy glo so dronk was dat sy haar bewussyn verloor het.

Mbambo het vroeër gesê die meisie het glo vroeër die dag met vriendinne onder ’n boom op die skool se rugbyveld sit en drink. Die meisies was by die skool vir ekstra klasse en het drie bottels drank gekoop.

Die slagoffer se vriende het haar agtergelaat toe hulle sien sy is te dronk waarna die seuns op haar afgekom en haar glo verkrag het.

Die meisie het later in die Nasionale Hospitaal wakker geword en kon niks van die voorval onthou nie. Sy en haar familie het Donderdag die voorval by die polisie aangemeld nadat hulle bewus geword het van die video.

Intussen het Tate Makgoe, Vrystaatse LUR van departement onderwys, opdrag gegee dat die seuns onmiddellik geskors word.

Die departement het Vrydag in ’n verklaring gesê Makgoe is geskok, gewalg, teleurgesteld en kwaad en het opdrag gegee dat die betrokke leerlinge geskors word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.