21 Augustus 04:40
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Misdaad
Stellenbosch: Vermoorde 80-jarige was ‘ware dame’
Die Villa Merwe-gastehuis in Stellenbosch waar Marie Verwey vermoor is.Foto: Maygene de Wee
Die Villa Merwe-gastehuis in Stellenbosch.Foto: Maygene de Wee

’n Ware dame wat nooit haar stem verhef het nie.

So het ’n familievriendin van Marie Verwey (80) haar Donderdag beskryf.

Die vriendin het Verwey as ’n ruimhartige, goeie vrou beskryf, wat niemand ooit skade sou aandoen nie.

Verwey se bebloede lyk is Donderdagmiddag kort na 12:30 deur haar buurman in die Villa Merwe-gastehuis in Stellenbosch, waarvan sy die eienaar was, gevind. Sy is vermoor.

Bure het ook gesê dat sy nie ’n vlieg sou skade aandoen nie. Sy het met behulp van ’n loopraam geloop.

Verwey se jongste seun, Francois Verwey, het by monde van die familievriendin gesê hy wil nie met die media praat nie.

’n Ingeligte sê Verwey is verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek. Agt van die steekwonde is in haar nek. Haar keel is glo amper afgesny.

Bure het ook gesê dat sy nie ’n vlieg sou skade aandoen nie. Sy het met behulp van ’n loopraam geloop.

Die polisie het glo reeds meer as 10 steekwonde getel.

Juweliersware is uit die huis gesteel en die kluis is leeggemaak.

Verwey se huishoudster was glo by die winkel toe die moord gepleeg is.

Toe sy terugkom, was die voordeur gesluit. Die huishoudster het glo vir Verwey probeer bel, maar geen antwoord gekry nie. Sy het toe om die huis gestap en gesien die agterdeur en veiligheidshek staan wawyd oop. Die huishoudster het die buurman gaan roep wat toe op Verwey se lyk afgekom het. Hy het die polisie ontbied.

Donderdagmiddag was die voorste gedeelte van die erf met geel polisielinte afgesper.

Verskeie polisievoertuie, sowel as voertuie van die polisie se forensiese eenheid, was op die toneel.

Vier forensiese ondersoekers en die ondersoekbeampte, almal geklee in ligblou forensiese oorpakke, is kort na 16:00 die moordhuis binne.

Die polisiebeamptes het uiteindelik na wat soos ure gevoel het, uit die moordhuis gekom. By hulle was drie bewysstuksakke met onder meer manstewels en iets wat soos ’n rok gelyk het.

Buite die huis het nuuskierige inwoners van die lowerryke woonbuurt op en af verby die huis gery in ’n poging om uit te vind wat by die huis gebeur het.

Polisiebeamptes op die toneel wou nie iets sê nie. “Sit maar ’n amptelike navraag in,” was die kommentaar van menige polisiebeampte.

Verwey se dood is deur kapt. Frederick van Wyk, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, bevestig.

Hy het gesê die omstandighede rondom die moord word nog ondersoek.

Alternatiewe verblyf is gereël vir drie gaste wat by die gastehuis ingeteken was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.