19 Februarie 13:45
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Misdaad
Ton kreef op lughawe gekonfiskeer

Daar is op byna ’n ton lewendige kreef by die vragafdeling van die Kaapstadse lughawe beslag gelê, ná pogings om dit sonder die nodige permitte na Hongkong te versend.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die grenspolisie, beamptes van departement van landbou en visserye en die honde-eenheid verbonde aan die doeane-afdeling het as deel van Operasie Dondervoël inspeksies gedoen by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se vragafdeling toe daar op die kreef afgekom is.

Geen oorspronklike uitvoerpermitte vir twee kratte met 270 kreef daarin (met ’n gewig van 819 kg) was op die perseel van die SAL se vragafdeling beskikbaar nie.

Die lewendige kreef is as bewysstukke gekonfiskeer en word in die koelkamers van die SAL-vragafdeling gehou.

Van Wyk sê die kreef was onderweg na Johannesburg vanwaar dit na Hongkong gevlieg sou word.

Die lewendige kreef is as bewysstukke gekonfiskeer en word in die koelkamers van die SAL-vragafdeling gehou.

Ondersoek word gedoen na wie verantwoordelik gehou gaan word vir die permitoortreding.

“Die optrede is ’n duidelike boodskap aan ondernemings wat lewende mariene bronne uitvoer om die wet te gehoorsaam,” sê Van Wyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.