21 Februarie 16:16
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Misdaad
Tref-en-trap: Woede oor verdagte laat gaan is

Woede, ongeloof en verontwaardiging het Woensdag in die landdroshof in Stilfontein geheers toe die saak teen ’n verdagte in tref-en-trap-ongelukke voorlopig van die rol geskrap is.

Iemand in ’n wit bakkie met ’n swart streep het Sondag na bewering in drie afsonderlike voorvalle skynbaar doelgerig op ses kinders en een vrou in Stilfontein afgepyl, hulle gestamp en van die verskeie tonele weggejaag.

Liezel Schoenfeld, staatsaanklaer, het aan familielede en vriende van die slagoffers wat die hofbanke Woensdag vol gesit het, gesê daar is nog nie genoeg bewyse wat die verdagte met die ongelukke verbind nie, maar dat die saak steeds ondersoek word.

Die verdagte, ’n Stilfonteinse man, het toe nie verskyn nie en is nou weer op vrye voet.

Familielede en vriende van die tref-en-trap-slagoffers betoog Woensdag buite die landdroshof in Stilfontein waar die verdagte sou verskyn.Foto: Susan Cilliers
Michael Beets, voorsitter van Stilfontein se buurtwag, wys die merk van ’n fietsie op die sypaadjie in Steynstraat waarop een van die kinderslagoffers gery het toe die tref-en-trap-bakkie hom getref het. Foto: Susan Cilliers
Die toneel Sondag in Steynstraat waar inwoners almal gehelp het om die kinders wat getref is, te vertroos en versorg. Vier kinders is hier getref. Foto: Facebook
Kgalalemo Vis in die hospitaal na die ongeluk.
Kgalalemo Vis voor hy in die tref-en-trap-ongeluk beseer is. Foto: Verskaf

Familielede van die slagoffers het ná die verrigtinge gesê hulle verstaan nie hoekom nie omdat die plaaslike buurtwag die bestuurder in die verdagte bakkie opgespoor en die polisie hom daarna in hegtenis geneem het.

Die bakkie stem presies ooreen met die beskrywing van die voertuig wat in die ongelukke betrokke was. Die voorruit en een van die voorste ligte was stukkend, sê Michael Beets, voorsitter van Stilfontein se buurtwag.

Vrae word nou geopper oor die gehalte van die polisie se voorlopige ondersoekwerk en of die regte prosedure gevolg is toe die verdagte in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, sê egter die polisie het sy werk gedoen en die verdagte in hegtenis geneem, maar dat die polisie nie beheer het of 'n sê het oor wat die hof besluit wat vervolging betref nie.

Een van die kinders wat raakgery is, die driejarige Kgalalelo Vis, het kopbeserings en moontlik breinskade opgedoen. Sy tannie, Malebo, sê hy kan nie praat of eet nie en maak nie sy oë oop nie. Kgalalelo, wat in Steynlaan getref is, word in die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp behandel.

Die 47-jarige Florence Mutekeshe, wie se been gebreek het toe sy in Jan van Riebeecklaan getref is, is Woensdag in die Klerksdorp-hospitaal geopereer. Haar niggie, Mpho Dube, sê Florence het ná die ongeluk vertel ’n man het reguit op haar afgejaag toe sy langs die pad gestap het. “Sy het probeer weghardloop, maar hy het haar aanhou jaag en haar getref.”

Florence Mutekeshe is in Jan van Riebeecklaan getref – haar gebreekte been is Woensdag geopereer.
Familielede en vriende van die tref-en-trap-slagoffers Woensdag in die volgepakte landdroshof in Stilfontein.Foto: Susan Cilliers

Beets sê buurtwaglede het die verdagte voertuig tot by ’n huis in Stilfontein gevolg, waarna hulle die polisie gekontak het en die man in hegtenis geneem is.

Volgens Beets het hul lede drank aan die man geruik, maar sy bloedalkoholvlak is nie getoets nie omdat hy ’n diabeet is. Nooddienswerkers moes hom eers binneaarse medikasie gee voordat hy in hegtenis geneem is.

Bewerings dat die ongelukke ras-gedrewe was, is in die hof en buite die hof geslinger. Die inwoners se net swart mense is geteiken en die verdagte is wit. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.