30 April 18:41
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Misdaad
Twee plaasmoorde op een dag in VS

Drie mense is vandeesweek op dieselfde dag koelbloedig in twee afsonderlike plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor.

Daar was van 1 Januarie tot einde Maart tien plaasaanvalle in die Vrystaat.

In die eerste voorval Donderdag is Pieter van der Berg (49) en sy huiswerker (55) op sy plaas Pharoahsfontein in die distrik Wepener doodgeskiet.

Pieter van der Berg Foto: Facebook

Van der Berg se voete is vasgebind en hy is in die sitkamer van sy huis doodgeskiet terwyl sy huiswerker in een van die kamers geskiet is. Haar mond en oë is met lappe toegebind en haar voete is ook vasgebind.

Die aanval het vermoedelik vroeër die oggend gebeur en die polisie het eers omstreeks 14:30 op die lyke afgekom nadat ’n buurman hulle gebel het.

Omstreeks 19:30 dieselfde dag is nog ’n boer, Dirk du Randt (67), op sy plaas Elim buite Ladybrand vermoor. Du Randt is vermoedelik met ’n skerp voorwerp gesteek en sy keel is oopgesny.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê twee mans wat wit jasse en wit waterstewels aangehad het, het Du Randt in sy huis oorval en vermoor.

Sy hande en voete is met draad vasgebind.

Du Randt se ma, Anna Albrecht (87), was ook in die huis, en is ongedeerd. Volgens ’n kleindogter word sy in ’n hospitaal vir skok behandel.

Dhlamini sê die aanvallers het met ’n haelgeweer gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Van der Berg se vrou, Rentia, skryf op Facebook sy mis haar man reeds. “Rus in vrede, my man. Dit is seker nie ’n grap nie? Hoe kan jy my in hierdie moeilike tyd alleen los? Ek en GJ gaan jou so baie, baie mis.

Ons lewe gaan nou so moet verander, maar weet jy is op ’n baie beter plek as ons
Rentia van der Berg, weduwee

“Ons lewe gaan nou so moet verander, maar weet jy is op ’n baie beter plek as ons. En jou wens om by Ruan te wees het waar geword. Ai, my man,” skryf sy.

Rentia sluit haar inskrywing af met: “Hoekom en waarom gaan daar altyd wees, maar wees verseker al jou pelle sal ons mooi oppas. Mis jou al klaar. RIV.”

Dr. Jane Buys, ’n veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), sê tot einde Maart was daar 18 plaasaanvalle in die Vrystaat, maar dit was die eerste plaasmoorde vanjaar.

“Die aanvalle is baie sleg. Die polisie ondersoek nog die omstandighede rondom die aanvalle en ons het nog nie baie inligting nie,” sê sy.

Henk Vermeulen, uitvoerende hoof van VL, sê dit is ’n moeilike, swaar situasie. Hy het die aanvalle veroordeel.

“Dit is iets wat ons nie wil hê nie. Dit wys weer ons moet ons interne veiligheid opskerp. Ons kan nie realisties verwag elke polisielid moet elke mens oppas nie.

“Ons sal meer proaktief wees en probeer verhoed dat die aanvalle gebeur. Dit is jammer dat dit gebeur, elke moord is onnodig en een te veel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.