27 April 18:41
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Misdaad
Twee vas wat met beseerde uil smous
Ao. Lawrence Merrick (links) en ao. Gerhard Lotter (middel) van die Humewood-polisiekantoor het die twee mans aangekeer wat glo die beseerde nonnetjie-uil probeer verkoop het. Arnold Slabbert van die stedelike kleinwildbewaringsgroep Wildline het die uil na die veearts geneem. Foto’s: CARA-LEE DORFLING

’n Beseerde nonnetjie-uil is Vrydagmiddag uit die hande van twee mans gered wat haar glo by ’n vulstasie in Port Elizabeth vir R100 probeer verkoop het.

Volgens Alan Millard het hy Vrydag gou vir ’n koeldrank by ’n vulstasie in Humewood ingestap toe hy deur twee mans voorgekeer word en ’n uil te koop aangebied is.

“Ek het onmiddellik die besering aan die lieflike uil se vlerk opgelet en dit was ’n baie vars wond,” sê Millard.

Hy sê die twee mans het beweer hulle het die uil by die voormalige Boet Erasmus-rugbystadion opgetel en hulle wil R100 vir hom hê. Toe Millard nie belangstel nie, het die twee mans blykbaar dadelik die uil aan ’n ander man by die vulstasie probeer smous.

“Ek het sommer gesien die situasie lyk nie reg nie, want mense wat diere uitbuit vir hul eie gewin is nie reg nie, daarom het ek vir hulp gebel.”

Arnold Slabbert van die stedelike kleinwildbewaringsgroep Wildline is deur Millard gebel.

Onderweg na die vulstasie het Slabbert die polisie gekontak om die twee mans voor te keer.

Die twee mans is met die uil in hul besit betrap en vir die besit van ’n beskermde spesie en die verkoop van ’n beskermde spesie sonder ’n permit in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn.

“Van wat ek van die besering kon sien, is die uil onlangs met ’n klip raakgegooi. Ek vermoed dit was die handewerk van die twee mans om die uil te probeer verkoop.”

Die twee verdagtes (voor) word deur ao. Gerhard Lotter (agter) en ao. Lawrence Merrick (tweede van agter) by die voormalige Boet Erasmus-rugbystadion in begelei, waar ’n tweede uil glo uitgewys sou word.

Die twee mans het na hul inhegtenisneming aan Slabbert gesê dat daar nog ’n uil by die stadion is en hulle moet hom red.

Binne die vervalle stadion het die twee mans tussen die bourommel op en af gestap en gewys waar hulle die ander uil laas gesien het. Slabbert en die polisiebeamptes kon egter nie die tweede uil opspoor nie en hy het hom verder op die beseerde uil toegespits.

X-strale aan die nonnetjie-uil het Slabbert se vermoede bevestig dat die uil se vlerk gebreek is. Teen Vrydagmiddag het die uil ’n noodoperasie aan sy vlerk ondergaan. Slabbert was tydens die operasie baie positief dat die uil ten volle sal herstel.

“Elke uil is belangrik en ons moet hulle beskerm. Uile se getalle daal baie skerp weens ons as mense wat gif uitsit en sekondêre vergiftiging veroorsaak. Ook word uile se getalle bedreig deur mense wat hulle vir tradisionele medisyne doodmaak,” het Slabbert bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.