26 Junie 19:23
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Misdaad
Vrou (74) ontslaan ná plaasaanval by Tzaneen

Die bejaarde vrou van Tzaneen wat Vrydag helderoordag in ’n plaasaanval met ’n mes in haar nek gesteek is, is uit die hospitaal ontslaan.

Emms van der Merwe (74) en haar man, Abram (76), het omstreeks 14:00 saam met familie op hul plaas naby Tarentaalrand in Limpopo gekuier toe hul seun in die huis deur twee aanvallers oorrompel is.

Emms is met ’n mes in haar nek gesteek toe sy haar seun probeer help het, en Abram is terselfdertyd met ’n onbekende voorwerp geslaan.

Die rowers het die bejaarde egpaar vasgebind voor hulle die huis vir geld deursoek het en met hul selfone gevlug het.

Volgens Shirley Scheepers, die Van der Merwes se buurvrou, het die seun deur die bos by haar huis aangekom en bykans hul voordeur afgebreek terwyl hy vir hulp geskree het.

“Ek het dadelik ons Sektor4-buurtwaggroep laat weet hier is ’n plaasaanval en die Mediclinic-hospitaal waar ek werk, gevra om te kom,” sê Scheepers.

Sy sê die bejaarde egpaar is mense wat dit nie baie breed het nie en hulle sou waarskynlik vir ’n staatshospitaal se ambulans moes wag.

“Die arme mense het nie eens ’n 10 c om vir iemand anders te gee nie. Ek het die hospitaal net laat weet hulle moet die ambulans stuur en die tannie help, ek sal Maandag die rekening aanvaar.”

Die arme mense het nie eens ’n 10 c om vir iemand anders te gee nie.
Shirley Scheepers

Volgens Scheepers het die paramedici haar later laat weet dat Emms nie veel langer vir ’n ander ambulans sou kon wag nie, aangesien twee van die slagare in haar nek raakgesteek is en sy vinnig baie bloed verloor het.

Scheepers sê Emms is Saterdagaand laat weer uit die hospitaal ontslaan en Abram het geen mediese behandeling benodig nie.

“Dit is vir my so hartseer dat hulle geteiken is, want die mense het nie veel nie, en nou is die bietjie ook nog weggevat.”

Intussen het lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, Sondag gesê die polisie is steeds op soek na die aanvallers.

“Ons het ’n taakspan gestig en hulle is besig om die voorval te ondersoek. Ons ontvang baie inligting en hoop dat van die inligting positiewe resultate sal oplewer,” sê Ngoepe.

Scheepers het ook gesê die hele gemeenskap help na die aanvallers soek.

“Die aanval was die derde een in 48 uur in Tzaneen en almal wat geteiken is, is bo 70 jaar oud.”

Scheepers sê die afgelope twee aande het sy ook sleg geslaap, aangesien die hele voorval haar aan hul aanval van vyf jaar gelede, waarin die mans tot binne hul slaapkamer gekom het, herinner het.

“Ons moet maar vir mekaar uitkyk. As ons nie vir mekaar gaan help nie, wie gaan.

“Ek het juis Vrydag gesien hoe vinnig mense kan reageer en mekaar help. Dit is net ’n jammer dat dit so ’n voorval neem om mense te leer ken wat naby jou woon.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.