28 April 04:27
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Munisipaliteite
DA vra of duur pyp nodig is

Die DA in die Mangaung-metro bevraagteken die noodsaak van die derde waterpypleiding wat die departement van waterwese en sanitasie teen R425 miljoen van Brandkop na Lieuwkop in dié metro-munisipaliteit wil aanlê.

Dié waterpypleiding vorm deel van Bloemfontein se hoofwaterpypleiding vanuit die Welbedachtdam.

Rossouw Botes, DA-raadslidFoto: Marietjie Gericke

Rossouw Botes, die DA se waterkenner in die metro, sê in ’n nuusverklaring as daar soveel geld beskikbaar is om te bestee, kan ander gedeeltes van die hoofwatertoevoer van die Welbedachtdam na Bloemfontein eerder van dubbele pypleidings voorsien word.

Die gedeelte waar minister Nomvulu Mokonyane nou ’n derde pyp wil installeer, bestaan reeds uit dubbele pypleidings. ’n Derde waterpypleiding is onnodig en kom neer op geld in die water gooi.

Boonop sal die derde waterpypleiding geen voordeel inhou as die beoogde Gariepdampypleiding eersdaags van die Gariepdam af na Brandkop oor ’n afstand van 172 km gebou word soos wat die ANC beplan nie, sê Botes.

“As die Gariepdam-pypleiding nou gebou word, sal dit sowat R7 miljard kos.”

Die metro sukkel al van 2009 met water. Daarom moes na alternatiewe gekyk word om in die toekoms water vir die stad te verseker. Die aanvanklike sewe voorstelle op die tafel is nou tot vier verminder.

Maar nou het die minister opdrag gegee vir die derde pypleiding van 33,6 km – die gedeelte van Brandkop na Lieuwkop.

Botes sê die pypleiding van Welbedacht na Brandkop is 146,3 km lank en bestaan uit ’n betonpyp van 1,2 m in deursnee wat 45 jaar gelede gelê is.

In 2002 het die departement ook ’n pypleiding van 700 mm in deursnee van Lieuwkop na Brandkop geïnstalleer. Die derde pypleiding wat nou beoog word, moet 1 m in deursnee wees.

“ ’n Kar het nie twee noodwiele nodig nie,” meen Botes.

Hy sê die geld kan veel beter bestee word.

Die R425 miljoen kan gebruik word om die driefase-kabel wat al lankal nodig is by die Tienfonteinpompstasie aan te bring.

Dié kabel is nodig om meer water uit die Caledonrivier te onttrek om die watervlak van die Knellpoort- en Rustfonteindamme aan te vul. Dit is om seker te maak dat daar genoeg reserwewater vir Bloemfontein beskikbaar is in droogtetye.

Die geld kan ook eerder aangewend word vir ’n tweede pypleiding van die Rustfonteindam na die Lieuwkop-pompstasie oor ’n afstand van 36,5 km. “Dit sal meebring dat daardie gedeelte ook oor ’n dubbele pypleiding sal beskik.”

Die raadgewende ingenieurs het klaarblyk reeds ver gevorder met die beplanning van die derde pypleiding, sê Botes.

Hy sê die DA meen die bou van die Gariepdam-pypleiding is ook nie die kostedoeltreffendste manier om water vir inwoners in Bloemfontein te verseker nie.

Die DA stel voor dat meer water uit die Caledon bekom word deur dit op te gaar in houerdamme. Dit sal aansienlik goedkoper as die Gariepdam-projek wees.

“Daardie projek sal ook geen elektrisiteit nodig hê nie, soos die Gariepdamprojek waar vier kragaangedrewe pompstasies gebou moet word.”

  • Die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, is sedert Vrydag herhaaldelik gebel om kommentaar te verkry, maar het nie haar foon geantwoord nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.