26 Julie 16:51
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Munisipaliteite
Oudtshoorn se watergehalte beter
Colan Sylvester, Oudtshoorn se burgemeester.Foto: Eugene Gunning

Die uitslae van bakteriese toetse op watermonsters van Oudtshoorn dui op ’n aansienlike verbetering in die watergehalte.

Die uitslae van die toetse is Vrydag ontvang.

Die munisipaliteit het Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê dat nog toetse op watermonsters gedoen word. Vuil water in krane het inwoners die laaste tyd warm onder die kraag.

Die nuuskonferensie is onder meer bygewoon deur Colan Sylvester, die burgemeester.

Luidens ’n verklaring wat Vrydag deur Oudtshoorn se munisipaliteit uitgereik is, is daar ’n verbetering in die watergehalte.

Al is die munisipaliteit vol vertroue dat dit geen gesondheidsgevaar inhou nie, moet die munisipaliteit ingevolge wet verbruikers waarsku om bewus te wees van moontlike gesondheidsgevare wanneer die water gedrink word.

Daar word voorgestel dat alle water eers gekook word voor gebruik.

Toetse sal steeds op ’n gereelde grondslag gedoen word en inwoners sal op hoogte gehou word oor die stand van sake.

* Die munisipaliteit het vroeër in ’n verklaring gesê die eerste boorwerk aan ’n boorgat noord van Dysselsdorp is afgehandel. Die resultate lyk uiters positief.

Die boorgat sal binne die volgende paar maande deel word van die Klein Karoo Landelike Waterskema.

Die water in die Raubenheimerdam is ook vinnig besig om te verbeter nadat deeltjies klei en as in die water sigbaar was. Die teenwoordigheid van as in die water gaan egter langer duur om heeltemal uit te sak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.