23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Nuus
seks op tv
‘Okosa moet herbesin oor porno’
Slotbetoog gelewer

KAAPSTAD. – Dit is onwettig om kinderpornografie uit te saai en om pornografie aan minderjariges te wys.

Boonop sal PIN-kodes ook nie keer dat kinders toegang tot pornografie op TV kry nie, het die Justice Alliance for SA (Jasa) gister in sy slotbetoog in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer.

Jasa, tesame met Cause for Justice en Doctors for Life, het ’n aansoek by die hof ingedien om die beslissing van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) dat On Digital Media (ODM) tussen 20:00 en 05:00 op drie TV-kanale pornografie kan uitsaai, te hersien en tersyde te stel.

ODM, wat as StarSat (voorheen TopTV) bedryf word, het Okosa versoek om die drie kanale – Playboy TV, Desire TV en Private ­Spice – goed te keur.

CFJ voer aan die besluit moet tersyde gestel word omdat:

  •  Die besluit geneem is nadat ontoepaslike oorwegings in ag geneem is;
  •  Okosa die wet verkeerd geïnterpreteer het;
  •  Okosa nie ’n redelike administratiewe prosedure gevolg het nie; en
  •  Die besluit nie rasioneel gekoppel kan word aan die redes wat Okosa vir sy besluit verskaf het nie.

Verskeie skriftelike vertoë is aan Okosa voorgelê en volgens die CFJ was 90% daarvan gekant teen StarSat (TopTV) se aansoek.

Okosa het in Maart verlede jaar ’n openbare sitting gehou.

Sewe van die agt organisasies wat dit bygewoon het, was gekant teen die goedkeuring van die kanale.

Adv. Steven Budlender, vir ODM, het vroeër vandeesweek betoog dit is onwettig om pornografiese materiaal aan kinders te wys en kinderpornografie uit te saai.

“Enigeen wat ’n rolprent met ’n beperking van X18 vertoon, is skuldig aan ’n misdryf en kan tronk toe gaan en/of ’n boete opgelê word.”

Hy het gesê die lisensies is toegestaan op voorwaarde dat die kanale as aparte pakkette aangebied word en dat dit tussen 20:00 en 05:00 mag uitsaai, mits ’n PIN-kodeproses gevolg word.

Adv. Darryl Cooke, vir Jasa, het gesê daar is beëdigde verklarings van minderjariges wat bevestig dat minderjariges wél na die kanale sal kyk.

Uitspraak word voorbehou.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.