29 Maart 22:56
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Omgewing
Vier vas ná broodboom-stropery
‘Sewe spesies reeds uitgewis’
Die vrag oeroue broodbome wat deur die Jansenville-polisie in die Oos-Kaapse Karoo onderskep is, word hier in die Addo-olifantpark vir hervestiging afgelaai. Dié bome, waarvan minstens 22 honderde jare oud kan wees en hoër as 4 m i
Een van die prehistoriese “veldkonings” wat uit die Oos-Kaapse veld vir ’n spogtuin in Johannesburg gehaal is.
Die “jonger” broodbome, wat net soos die reuse-broodbome uit die veld rondom die Addo-olifantpark gehaal en onderweg was na die Gautengse markte, is in ’n afsonderlike vraghouer geplaas.
Aan die keëls is dit duidelik dat daar hoofsaaklik vroulike broodbome uitgehaal is, het Mzwandile Mjadu, bestuurder van die Addo-olifant Nasionale Park, gesê.

Die polisie van Jansenville het verlede week twee vraghouers vol gestroopte broodbome – sommiges maklik 500 en ander meer as 1 000 jaar oud – onderweg na Gauteng in die Oos-Kaapse Karoo van die pad getrek.

Die vervoerpermit was vervals. Vier mense is Donderdag in hegtenis geneem. Nog inhegtenisnemings kan volg, het Div de Villiers van die Oos-Kaapse Groen Skerpioene bevestig.

Die afgelope twee tot drie jaar was daar reeds 30 inhegtenisnemings. Tien skuldiges, waaronder Gautengers, dien reeds tussen vyf en ses jaar tronkstraf uit.

Die afsetgebied, het die Groen Skerpioene verduidelik, is die lushof-tuine van Houghton, Sandton, Midrand en Fourways.

Vir dié mense, wat derduisende vir só ’n spogstuk in hul tuine betaal, is daar slegte nuus. As die Groen Skerpioene se ondersoekpad na jou tuin lei, word daai boom uitgehaal. Dit het al gebeur, het De Villiers gesê.

Saterdag is die vrag van miljoene rand in waarde in die Addo-olifant Nasionale Park, waar die bome hervestig gaan word, afgelaai.

“Kyk na daai twee vraghouers vol broodbome, dis amper asof jy ’n hele trok vol dooie renosters het. Ons veld word beroof van broodbome,” het De Villiers moedeloos opgemerk terwyl ’n hyskraan een van die 22 reusagtige broodbome, wat tot meer as 250 kg kan weeg, agter uit die een groot vraghouer gehys het. Kleiner broodboompies het hoog gestapel gelê in die voorste vraghouer.

“Dis baie hartseer,” het Etienne Kitching, hoof van die Groen Skerpioene se spesiale ondersoekeenheid, bygevoeg.

“Hierdie plante is lewende fossiele, maar word deur gieriges uitgewis. Sewe spesies is reeds uitgewis.

“Ons vurige hoop is dat die bome weer sal vat. Die wortelstelsel van hierdie min oorblywende prehistoriese plante het oor honderde, selfs duisende jare in ’n spesifieke grondgebied ontwikkel en die boom volgens klimaat en grondsamestelling gevestig.”

Tog is Kitching en die res van die “Valentynsdag-span” waaronder John Adendorff, Addo-bewaringsbestuurder en Mzwandile Mjadu, Addo-olifantpark se bestuurder, ook dankbaar. “Veral teenoor die Jansenville-polisie wat dadelik op ’n wenk gereageer en op die besending beslag gelê het,” het Adendorff en Mjadu gesê.

“Almal is baie bekommerd oor die renosters, maar ek sê jou, Suid-Afrika se broodbome word net so lelik gestroop en dít vir ’n plaaslike mark,” aldus Kitching.

Hul vermoede is dat selfs kwekerye en landskapargitekte, wat vals permitte uitreik aan niksvermoedende kopers, ook deel van die netwerk is.

Beslag word reeds op alle voertuie, toerusting en selfs kampeertoerusting gelê.

“Ja, kampeertoerusting, want kyk,” en De Villiers, ’n Groen Skerpioen, wys na ’n 4,5 meter lange broodboom, “dit neem weke in die veld om só ’n grote uit te haal.”

Niemand mag ’n broodboom uit die natuur sonder ’n permit verwyder nie.

“Daarom,” het Kitching bygevoeg, “sou ons ondersoek daarop wys dat die broodbome met die toestemming van die grondeienaar uitgehaal is, sal die Groen Skerpioene aansoek doen dat daar ook beslag gelê word op die plaas.”

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.